Die Cilliers-Stamboom




Paulus Couvret



Man Paulus COUVRET [1264]

         Gebore: 3 Aug 1731 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 4 Aug 1731 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1264


          Vader: Paulus COUVRET [1220] (1703-1765)
         Moeder: Petronella PHILLEPERLAAN [1242] (1708-1782)






Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders

Algemene Notas (Man)

Dopeling Poulus Couvret Vader Poulus Couvret, Moeder Petronella Felperlaan, Getuige Pieter van der Krap, Anna Couvret Plaats Rotterdam Datum doop 03-08-1731 Wonende op de Bierhave Bron DTB Rotterdam inv. 1 Doop gereformeerd , index nummer 298


Paulus Couvret en Jacoba Sutherland



Man Paulus COUVRET [1119]

         Gebore: 15 Jun 1732 - Rotterdam
         Gedoop: 20 Jun 1732 - Rotterdam
        Oorlede: 16 Apr 1805 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1119


          Vader: Paulus COUVRET [1220] (1703-1765)
         Moeder: Petronella PHILLEPERLAAN [1242] (1708-1782)


        Huwelik: 1 Apr 1764 - Rotterdam [MRIN:418]




Vrou Jacoba SUTHERLAND [1183]

         Gebore: 1 Jan 1741 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 11 Des 1818 - Poeldijk
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1183



Kinders
1 V Petronella Paulina COUVRET [1184]

         Gebore: 23 Mei 1765 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 8 Feb 1818 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1184



2 V Anna Maria COUVRET [1185]

         Gebore: 24 Apr 1768 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 31 Okt 1772 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1185



3 V Willemina Lena COUVRET [1186]

         Gebore: 5 Jul 1770 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 13 Aug 1846 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1186



4 V Anna Maria COUVRET [1188]

         Gebore: 16 Apr 1771 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 16 Apr 1771 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1188



5 M Paulus Pieter COUVRET [1189]

         Gebore: 16 Sep 1772 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 11 Jan 1819 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1189
           Gade: Alida MOLENDIJK [1191] (1771-1823)
            Huw: 26 Sep 1802 - Rotterdam [MRIN:443]



6 V Anna Maria COUVRET [1190]

         Gebore: 23 Mei 1775 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 4 Sep 1863 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1190



7 M Cornelis COUVRET [1192]

         Gebore: 23 Apr 1777 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 11 Mar 1820 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1192



8 V Elisabeth COUVRET [1193]

         Gebore: 19 Apr 1780 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 12 Jul 1780 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1193



9 M Jacobus COUVRET [1194]

         Gebore: 21 Okt 1782 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 22 Jul 1846 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1194



10 V Anna Maria COUVRET [1195]

         Gebore:  - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 15 Jan 1813 - 's Gravenpolder
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1195



11 V Johanna Christina COUVRET [1196]

         Gebore:  - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede:  - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1196




Algemene Notas (Man)

Dopeling Poulis Couvret Vader Poulis Couvret Moeder Pieternella Filperlaan Plaats Rotterdam Datum doop 20-06-1732 Wonende Bierhaave Bron DTB Rotterdam inv. 1 Doop gereformeerd , index nummer 298


Paulus Jacobus Couvret



Man Paulus Jacobus COUVRET [1197]

         Gebore: 10 Jul 1803 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 10 Feb 1808 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1197


          Vader: Paulus Pieter COUVRET [1189] (1772-1819)
         Moeder: Alida MOLENDIJK [1191] (1771-1823)






Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders


Paulus Pieter Couvret en Alida Molendijk



Man Paulus Pieter COUVRET [1189]

         Gebore: 16 Sep 1772 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 11 Jan 1819 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1189


          Vader: Paulus COUVRET [1119] (1732-1805)
         Moeder: Jacoba SUTHERLAND [1183] (1741-1818)


        Huwelik: 26 Sep 1802 - Rotterdam [MRIN:443]




Vrou Alida MOLENDIJK [1191]

         Gebore: 14 Okt 1771 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 6 Aug 1823 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1191



Kinders
1 M Paulus Jacobus COUVRET [1197]

         Gebore: 10 Jul 1803 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 10 Feb 1808 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1197



2 M Gerrit COUVRET [1199]

         Gebore: 2 Mei 1805 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 1 Mar 1890 - Brummen
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1199
           Gade: Johanna Elisabeth RENSING [1204] (1823-1887)
            Huw: 19 Aug 1859 - Rotterdam [MRIN:445]



3 M Hendrik Gijsbert COUVRET [1200]

         Gebore: 17 Apr 1807 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 30 Nov 1824 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1200



4 V Maria COUVRET [1201]

         Gebore: 17 Mei 1809 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 9 Mar 1873 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1201



5 M Jacobus COUVRET [1202]

         Gebore: 17 Mei 1809 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 20 Des 1873 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1202



6 V Alida COUVRET [1203]

         Gebore: 14 Aug 1811 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 30 Jan 1822 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1203





Petronella Paulina Couvret



Man

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 




Vrou Petronella Paulina COUVRET [1184]

         Gebore: 23 Mei 1765 - Rotterdam
         Gedoop: 
        Oorlede: 8 Feb 1818 - Rotterdam
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1184


          Vader: Paulus COUVRET [1119] (1732-1805)
         Moeder: Jacoba SUTHERLAND [1183] (1741-1818)





Kinders


Pierre Couvret



Man Pierre COUVRET [1166]

         Gebore: 1 Mar 1678 - Terminiers, 28, France
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1166


          Vader: Samuel COUVRET [1144] (1651-      )
         Moeder: Jehanne GAUCHET [1164] (      -      )






Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders


Pierre Couvret en Charlotte Moireau



Man Pierre COUVRET [1004] 1

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1004
        Huwelik:  -  [MRIN:387]




Vrou Charlotte MOIREAU [1005]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1005



Kinders
1 V Elizabeth COUVRET [118] 2

         Gebore: 9 Sep 1675 - Orléans Frankryk 3
         Gedoop: 6 Okt 1675 - Die Protestantse Gemeente van Bazoches en Dunois, Frankryk. 4
        Oorlede: Ca. 1743 - Paarl, Drakenstein
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 118
           Gade: Josué CILLIERS [117] (Ca. 1667-Ca. 1721) 5 6 7
            Huw: 31 Mar 1700 - Delft, Nederland [MRIN:39]




Geboortenotas vir Kind: Elizabeth COUVRET [118]

Volgens die Kerkregisters an die Protestantse Gemeente op Baziochas en Dunois, vir die jare 1671 tot 1684.
Volgens dieselfde register het die egpaar nog twee kinders in dieselfde gemeente laat doop.
Dit laat die vraag ontstaan of Elisabeth nie in Orleàns gebore is nie, maar waarskynlik in Bazoachas en Dunois. Laasgenoemde is steeds n kllein dorpie naby Orleäns en moes in daardie tyd skaars n gehugie gewees het, terwyl Orleàns al iets van n stad moes gewees het.


Doopnotas vir Kind: Elizabeth COUVRET [118]

Volgens die Kerkregisters an die Protestantse Gemeente op Baziochas en Dunois, vir die jare 1671 tot 1684.
Volgens dieselfde register het die egpaar nog twee kinders in dieselfde gemeente laat doop.
Dit laat die vraag ontstaan of Elisabeth nie in Orleàns gebore is nie, maar waarskynlik in Bazoachas en Dunois. Laasgenoemde is steeds n kllein dorpie naby Orleäns en moes in daardie tyd skaars n gehugie gewees het, terwyl Orleàns al iets van n stad moes gewees het.


Sterftenotas vir Kind: Elizabeth COUVRET [118]

Suid-Afrikaanse Geslagregister Deel 1 (A-C), J A Heese en R T J Lombard, bl 563
Die van Cilliers word vireers deurgaans vir almal gebruik omdat ek tans net die data uit SAG Deel 1 oortik en daar nie onderskeid gemaak word tussen die verskillende spellings van Celliers, Cilliers en Cillie nie. Ek sal dit mettertyd weer deurwerk en waar ek oor die regte spelling beskik, dit regstel. Jy is ook welkom om my daarop attent te maak waarna ek dit sal regstel. Dankie. Jan Cilliers


Algemene Notas vir Kind Elizabeth COUVRET [118]

Suid-Afrikaanse Geslagregister Deel 1 (A-C), J A Heese en R T J Lombard, bl 563
Die van Cilliers word vireers deurgaans vir almal gebruik omdat ek tans net die data uit SAG Deel 1 oortik en daar nie onderskeid gemaak word tussen die verskillende spellings van Celliers, Cilliers en Cillie nie. Ek sal dit mettertyd weer deurwerk en waar ek oor die regte spelling beskik, dit regstel. Jy is ook welkom om my daarop attent te maak waarna ek dit sal regstel. Dankie. Jan Cilliers



Pierre Couvret



Man Pierre COUVRET [1153]

         Gebore: Onbekend
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1153


          Vader: Jehan COUVRET [1147] (1580-      )
         Moeder: Marguerite TEMPLIER [1148] (1585-      )






Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders


Pierre Couvret



Man Pierre COUVRET [1165]

         Gebore: 10 Aug 1673 - Terminiers, 28, France
         Gedoop: 
        Oorlede: 1673
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1165


          Vader: Samuel COUVRET [1144] (1651-      )
         Moeder: Marie VINCENT [1162] (1650-1673)






Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders


Pierre Couvret en Charlotte Moireau



Man Pierre COUVRET [1135]

         Gebore: 1649 - Gommiers, Terminiers, 28, France
         Gedoop: 
        Oorlede: 1693 - Gommiers, Terminiers, 28, France
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1135


          Vader: Jehan COUVRET [1258] (1617-      )
         Moeder: Elisabeth (Isabelle) COINTEPAS [1259] (1620-      )


        Huwelik: 31 Jan 1672 -  [MRIN:424]

     Ander Gade: Charlotte MOIREAU [1181] (      -      ) - 31 Jan 1672 - Baoches-En-Dunois [MRIN:425]




Vrou Charlotte MOIREAU [1136]

         Gebore: 1645 - Patay, Loiret, 45, France
         Gedoop: 
        Oorlede: <1690> - Gommiers, Terminiers, 28, France
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1136


          Vader: Christophe MOIREAU [1137] (      -      )
         Moeder: Elizabeth COUVRET [1138] (      -      )





Kinders
1 V Suzanne COUVRET [1139]

         Gebore: 1674 - Bazoches-En-Dunois, Frankrijk
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1139



2 V Elisabeth COUVRET [1241]

         Gebore: 9 Sep 1675 - Gommiers, Paroche Terminiers, France
         Gedoop: 16 Okt 1675 - Bazoches-En-Dunois, 28, France
        Oorlede: 1743 - Paarl, Plaas Orleans, Zuid Afrika
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1241
           Gade: Josué CELLIER [1243] (1667-1722)
            Huw: 1699 - Delft [MRIN:460]
           Gade: Paul ROUX [1134] (1665-1723)
            Huw: 1722 - Cap DE Bonne Espérance [MRIN:423]



3 M Jean COUVRET [1140]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1140



4 V Julie COUVRET [1142]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1142



5 M Liphard COUVRET [1143]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1143




Algemene Notas (Man)

In 1686 is Pierre een van de velen die "het ketterse geloof van Calvijn afzweren" (abjuration) in Terminiers. Dat moest wel, want in 1686 krijgen zij hun laatste kind Liphard en deze MOET in de katholieke kerk worden aangegeven.
Op 22 oktober 1692 getuigt hij nog bij de doop van een dochtertje van zijn broer Paul. In oktober 1694 leeft hij niet meer als zijn oudste dochter Suzanne trouwt.


Algemene Notas (Vrou)

Charlotte leeft nog tot en met de geboorte van Liphard in 1686. Daarna geen aktes gevonden. Bij het huwelijk van haar oudste dochter Suzanne in oktober 1694 is zij overleden.


Algemene Notas vir Kind Elisabeth COUVRET [1241]

Elisabeth is in 1697 (na de herroeping van het Edict van Rijswijk) met Josué Cellier en haar neef Paul Couvret en zijn Anne Vallet naar Nederland gevlucht, waar zij in Den Haag woonden.

_________________________________________________________________________________________________________

(Zie ook Jan Cilliers site!!!)
Die eerste Franse vlugtelinge vertrek einde 1687 uit Nederland en in 1699 is die VOC versoek om nie meer Franse Kaap toe te stuur nie. Dit is dus onseker of Josué en Elisabeth onder die voorgemelde voorwaardes na die Kaap gekom het en of hulle dit op eie inisiatief gedoen het. Hulle seil op 2 Mei 1700 aan boord van die Reygersdaal vanaf Goeree,
n Suid-Hollandse eiland. Ook aan boord was Elisabeth se broer Paul Couvret, sy vrou Anne Valleté en hul dogtertjie. Sy het 5 seuns en 5 dogters gehad. Vir beter beskerming het
n aantal skepe gewoonlik saam uitgevaar, maar daar kon nie vasgestel word of enige ander skepe saam met die Reygersdaal uitgevaar het nie.
n Reis na Kaap het in daardie jare enigiets van drie tot ses maande geduur en die Reygersdaal arriveer Saterdag 21 Augustus 1700 in die Kaap, maar moes tot die volgende middag voor die hawe lê. 'Op de naarmiddag' van Sondag 22 Augustus anker hulle in die hawe 'onder een slap zuyd west luchtje'. Oor die algemeen was die skepe waarmee die vlugtelinge oorgekom het maar klein en het passasiers gewoonllik hutte op die agterdek gehad sonder enige wasgeriewe. Voedsel wat aan boord geneem is, is noukeurig deur die VOC gespesifiseer - brood, ingelegde vleis, stokvis en soutvis, ingelegde haring, bier, Franse en Spaanse wyn, brandewyn, botter, olie, asyn, lemmetjiesap, stroop vir ontbyt en vir die bier, pruimedante, rysgort, grou- en groenertjies, mosterdsaad, mierikwortel en sout. Kos, water en bier het betreklik gou bederf terwyl wyn langer goed gebly het. Na haar tweede man se dood, sit Elisabeth en haar vier seuns die boerdery op die plaas voort. Verdere hulp met die boerdery word verkry met die aankoop van haar eerste slaaf in 1728 en teen 1743 besit sy vier slawe, een slavin en twee slawekinders. Vanaf 1732 tot 1734 werk haar skoonseun, Johannes Hubertus, as kneg op die plaas. In 'n kontrak wat op 27 September 1732 tussen hulle gesluit is, onderneem hy om haar 'voor den tyd van een geheel Jaar trouw en naarstig te dienen als knegt' teen
n maandelikse betaling van twaalf Caabse guldens asook huisvesting en voedsel. Hierdie kontrak word op 26 Oktober 1733 vir nog
n jaar verleng. Teen 1743, kort voor haar dood, word 10 lêers (5 773 liter) wyn geproduseer en met tye was daar tot 6 perde, 30 beeste en 200 skape op die plaas. Benewens koring, word rog ook gesaai. In 1738 boer die 62-jarige Elisabeth en drie van haar seuns, Josué, Abraham en Pieter, nog op die plaas en bied hulle vir nagenoeg
n jaar skuiling aan die 39-jarige voortvlugtende Estienne Barbier,
n sersant in diens van die VOC. Estienne was ook van Orléans, Frankryk afkomstig en het in 1734 as gewone soldaat in diens van die VOC in die Kaap aangekom. In Mei 1737 lei Estienne se beskuldigings van ondermeer geldverduistering en korrupsie teen
n luitenant tot
n lastersaak en Estienne word skuldig bevind. Hy appèlleer, besef weldra dat sy appèl nie veel kans het om te slaag nie en ontsnap op 24 Maart 1738 uit die Kasteel waar hy onder arres was. Na sy ontsnapping bly hy ongestoord op Orléans, omdat die owerhede onder die indruk was dat hy hom op
n skip versteek en na Holland teruggekeer het. In Februarie 1739 verlaat hy Orléans en begin
n hoofsaaklik skriftelike veldtog teen die ongeregtighede van die owerhede. Met die ontevredenheid wat reeds in die Kaap geheers het, het hierdie veldtog die potensiaal gehad om
n burgelike opstand te begin en in Maart 1739 word hy deur die owerhede 'vogel-vry' verklaar - hulle soek hom, lewend of dood. Hy word eers ses maande later in hegtenis geneem, verhoor en ter dood veroordeel. Hierdie vonnis, wat in die openbaar voltrek is, het behels dat hy aan
n kruis vasgebind word, onthoof word, sy regterhand afgekap word, die res van sy liggaam gevierdeel word en sy ingewande onder die skavot, waar die vonnis voltrek is, begrawe word. Sy liggaamsdele is daarna op pale in die openbaar vertoon - sy kop en regterhand by die ingang van die Roodezandkloof, tussen Paarl en Tulbagh, en sy vier liggaamsdele langs die besigste paaie in die Kaap. Elisabeth sterf op 67-jarige ouderdom in ongeveer 1743. In haar testament van 1724 het sy bepaal dat haar kinders gelykop moet erf en alhoewel dit
n algemene bepaling was dat
n plaas aan
n spesifieke persoon bemaak word teen
n vasgestelde bedrag, doen sy dit nie. Sy spreek slegs haar begeerte uit dat Orléans na haar afsterwe 'soude in volle bezit gegeeven werden aan haar oudste zoon Josua Cellier'. Skynbaar het Josué nie veel erg aan boerdery gehad nie aangesien hy na sy ma se afsterwe by sy suster Elisabeth in die Wellington omgewing gaan woon het. Jan boer in 1743 reeds op sy eie plaas Druiwevallei. Abraham neem van die vee oor, word die eerste Cellier wat oor die berge trek en vestig hom in die huidige Rawsonville omgewing waar hy homself hoofsaaklik op veevoerdery toespits. Pieter neem die oorblywende vee, slawe en die plaas oor en was, sover vasgestel kon word, die laaste Cellier-eienaar van Orléans. Skeurbuik, wat hoofsaaklik deur die gebrek aan vars voedsel veroorsaak is, het algemeen voorgekom en het bygedra tot
n hoë persentasie sterfgevalle tydens
n seereis. Verder was daar nog gevare soos storms, brand en aanvalle deur seerowers. Die skipper van die Reygersdaal, Martin de Jeught, rapporteer met hul aankoms in die Kaap slegs een sterfgeval en agt siekes aan boord wat die indruk skep dat Josué en Elisabeth se vaart sonder enige buitengewone voorvalle afgelê is. Twee weke na hul aankoms sit die Reygersdaal sy vaart na Batavia (Djakarta op die Indonisiese eiland Java) voort. Beide Josué en Elisabeth, soos talle ander Hugenote, was ongeletterd. Alhoewel sommige geleer het om hulle naam te teken en ook om te skryf, was Josué en Elisabeth skynbaar nie onder diegene nie. In 1720 maak Josué sy merk wanneer hy hul gesamentlike testament teken en wanneer Elisabeth in 1724
n nuwe testament opstel, teken sy ook deur haar merk te maak. Elisabeth hertrou in ongeveer 1722 met die 57-jarige wewenaar Paul Roux. Hul presiese huweliksdatum is onbekend aangesien die Paarl se huweliksregisters vir hierdie tydperk verlore is. Paul en Elisabeth kon nie baie lank getroud gewees het nie aangesien hy op 7 Februarie 1723 oorlede is, sestien maande na haar eerste man. Na Paul se dood het Elisabeth nie weer hertrou nie.
____________________________________________________________________________________________________________

http://www.olivetreegenealogy.com/ships/sahug19.shtml

Ships Carrying Huguenots to South Africa
Ships Passenger List for Huguenot Ship Reijgersdaal to South Africa 1700

Belonged to the Chamber of Delft. Captain Martin de Jeught, arrived in 1700.

Paul Couvret and Anne Valette
daughter Couvret
Josué Cellier and Elisabeth Couvret
Elisabeth Pochot

Sources: mostly Appendix 2 of "Hugenotebloed in ons are" by J.G. le Roux (1992; ISBN 0-7969-0566-5) and "French speakers at the Cape" by M. Boucher (1981, ISBN 0-86981-222-X)
Contributor Lesley Robertson

___________________________________________________________________________________________________________

Couvret,Elisabeth *Orleans 1676 †c1743 :­aankoms 1700 saam met haar man; saam met haar het haar broer Paul en sy vrou Anne Vallette en hulle dogtertjie gekom [1784]
___________________________________________________________________________________________________________

CELLIER or SELLIER &c., (Also written SELLIER, SEILLIER, SOLLIERS, SILJE, CILJE, etc., but now generally spelt CILLIERS and CELLIERS.) The numerous representatives of these names at the present time all descend from Josue SELLIER, and his wife, Elisabeth COUVRET. They were both born at Orleans, and in a joint will executed by them 15th March 1720, their ages are given as 53 and 44 years respectively. This Josue SELLIER ‘with his wife and two children’ is mentioned among the additions to Cape families between 1701 and 1710. Their first child was christened at Drakenstein 1701.

A despatch from the Chamber of Delft, dated 5th April 1700, and received here by the Reigersdaal 22nd Aug. 1700, mentions among a few more freemen to whom passages have been allowed ‘Josue SELLJER and Elizabeth COUVRET his wife, agriculturist and vine-grower, and also a carpenter.’
____________________________________________________________________________________________________________

Cellier,Josué *1667 †De Orléans; 54 jarige leeftyd 00.10.1721 :­van Orleans in Frankryk, landbouer, Wynbouer en timmerman, het Frankryk waarskynlik na die Vrede van Rijswijk in 1697 verlaat en van 1685 tot 1699 tydelik na Delft in Nederland gegaan, aankoms 1700 met die skip Reygerdaal, saam met sy vrou, vestig aanvanklik op Het Kruyspad naby Brackenfell, in 1713 besit hy die plaas De Orleans in Dal Josafat, sy afstammeling spel die van Sellier, Sillier, Silje, Celliers, Cillie, Cilliers ens. Volgens Boucher is Josue moontlik die seun van Josue Celliers en sy vrou Judith Rouilly. Hierdie egpaar het 'n seun Nicolaas in die kerk te Bazoches-en-Dunois laat doop. Volgens Boucher kom die berugte Etienne Barbier ook van Bazoches-en-Dunois. Toe Etienne Barbier in 1739 voor die gereg moes vlug, het hy by die weduwee van Josue Celliers tydelike skuiling gevind. Hy het die plaas De Orleans naby die Palmietrivier in Daljosphat, Klein Drakenstein ontvang en in besit geneem. Op 15 Maart 1712 is die plaas Het Kruys Pad by Stellenbosch ook aan hom toegeken. Volgens die beskikbare dokumente het Josue op De Orleans geboer en nooit die plaas naby Stellenbosch effektiewelik beset nie. Hy was 'n fluks boer en in 1714 het hy reeds vier perde, ses osse, 200 skape en 8 000 wingerdstokke besit en dit nadat hy in 1700 sonder enige besittings daar aangekom het [1783] × Frankryk.

(zie voor meer over Josue Cellier de notes onder zijn naam)
___________________________________________________________________________________________________________

<http://leroux.familiebond.googlepages.com/stamouers>

Die le Roux-familie in Suid-Afrika is afstammelinge van die Franse Vlugtelinge wat in die sewentiende eeu uit Frankryk na Nederland gevlug het, en van daar deur die V.O.C. na Suid-Afrika gebring is.

Deur die herroeping van die Edik van Nantes in 1685, is die Franse Hugenote, aanhangers van die Protestants-Christelike geloof, hulle godsdiensvryheid ontsê en aan vervolging blootgestel. Baie van hulle het gevolglik na ander Europese lande uitgewyk; sommige na Nederland. So het dit gekom dat twee jong mans, Jean en Gabriel le Roux, op 31 Desember 1687 Delfshaven aan boord van die Kamer van Delft se fluitskip Voorschoten saam met nog sewentien ander Hugenote verlaat het. Hulle land op 13 April 1688 in Saldanhabaai en was die eerste twee stamvaders van die le Roux-familie in Suid-Afrika.

Jean le Roux is gebore op 16 Nov 1666 op die plaas Pommegorge naby Mer in die Orleanais, Frankryk, as seun van Isaac le Roux, eienaar van Pommegorge (1615-1687) en Jeanne Bourdon (1634-1672).

Gabriel le Roux is gebore op 25 Jul 1669 te Blois in die Orleanais, Frankryk vir Pierre le Roux (1623-1682) en Anne Bourdon, gebore 1639.
Isaac en Pierre was neefs, seuns van die broers Estienne, gebore 1588, en Jean le Roux (1592-1668) onderskeidelik. Albei is gebore op die plaas Pommegorge waarvan Estienne later eienaar geword het, terwyl Jean 'n suksesvolle Protestantse sakeman op Blois onder beskerming van Gaston (1608-1660), Hertog van Blois, was. (Die inligting is verstrek deur Maurice Guillot in 1997).

Na die dood van Isaac se vrou Jeanne Bourdon in 1672 het Pierre en sy gesin hulle op Pommegorge gevestig waar Jean en Gabriel saam opgegroei het. Hulle het na mekaar verwys as broers. Waarskynlik is Isaac en Anne na Pierre se dood in 1682 getroud.

Sover vasgestel kan word, was Anne en Jeanne Bourdon niggies. Anne se ouers was Gabriel Bourdon (1604-1680) en Esther Avice, terwyl Jeanne se ouers Estienne Bourdon *1602 en Madeleine Louat was. Hulle was almal Protestante van Mer. Estienne en Gabriel Bourdon se ouers was Mathurin Bourdon en Marie Pocheron, ook van Mer.

Jean en Gabriel was baie geheg aan mekaar. Aan die jongste, Gabriel, is eerste 'n plaas toegesê deur goewerneur Simon van der Stel, in 1689. Dit was 50 hektaar groot, aan die westekant van die Bergrivier geleë, en hy het dit La Concorde genoem. Deel van hierdie plaas is vandag die eiendom en hoofkantoor van die KWV in Suider-Paarl. Hy ontvang oordrag op 3 Maart 1692. Op 21 Julie 1695 was daar egter 'n driehoekige ruitransaksie toe Gabriel Salomonsvlei in Klein Drakenstein ontvang van Salomon de Gournay, wat op sy beurt Hartebeeskraal (tans Amstelhof) kry van David Senechal, en La Concorde oorgeneem word deur Senechal.

Jean le Roux het in 1690 Goede Hoop, 'n buurplaas van la Concorde, oorgeneem en dit in 1700 oorgedra aan Paul Couvret. Op 28 Feb 1699 word 'n erfbrief vir die plaas Parys in Klein Drakenstein deur die nuwe Goewerneur WA van der Stel ten gunste van Jean opgestel maar dit is eers in 1712, dws na Jean se dood, deur ene Willem Helot onderteken.

La Concorde het na drie jaar sy eerste wyn opgelewer. Albei neefs was suksesvolle wynboere en olyfprodusente.
In die jare 1701 en 1704 is Gabriel en Jean onderskeidelik getroud met Marie-Catherine le Febre en Jeanne Mouy. Gabriel was die vader van vyf kinders, en Jean van vier. Gabriel se nasate is vandag die talrykste.
Die twee het in Augustus 1711 saam verdrink.

Die derde stamvader, Jean le Roux afkomstig uit Normandie, het op 27 Julie 1688 met die Kamer van Amsterdam se seilskip Wapen van Alkmaar onder kaptein Carel Goske van Texel vertrek en Kaapstad op 27 Januarie 1689 bereik. Hy trou in 1700 met Marie le Lievre, van Lille (Ryssel) in Frans-Vlaandere. Sy presiese plek van herkoms asook geboortedatum is onbekend. Hy is in 1752 oorlede en sy vrou in 1751 Hy besit die plaas Vlakkeland in Daljosafat van 1692 tot 1706 asook Langverwacht, naby die huidige Kuilsrivier van 1721 tot 1726 en Welgevallen by Stellenbosch van 1723 tot sy dood. Sy nakomelinge is die minste van die drie stamvaders.

____________________________________________________________________________________________________________
Paul Roux was probably born in Orange, France, in 1665. It is thought that after the revocation of the Edict of Nantes, Paul fled from France, across to Switserland and on to the Netherlands. As a young man he arrived in the Cape on 4 August 1688 aboard the Berg China, which had a terrible crossing and which claimed the lives of many passengers during the voyage. Because Paul could speak both French and Dutch fluently, he was appointed as the first teacher of the new school in Drakenstein on 8 November 1688. His mothly salary was fifteen Guilders and "drie realen kostgeld". He was also the sickness comforter and served as a church elder (Afr = "diaken") from December 1700 to December 1712. After the departure of the deacon, Pierre Simond, in 1702, Paul Roux was responsible for taking care of the spiritual needs of the French speaking members of the congregation and also for conducting the sermons. The French baptism register (1694 - 1713) for the Drakenstein congregation was maintained by him. Paul Roux was married twice. His first marriage was to Claudine Seugnet in 1690. She was one of three sisters from Saintogne in France, and they joined the Stellenbosch congregation in 1689. Paul and Claudine had seven children, of which only two sons and one daughter had any descendants (see Family Tree). His second marriage in 1721 was to Elisabeth Couvert. Elisabeth was born in Orleans in 1676, and was the widow of Josué Cellier, also from Orleans. Cellier and his wife came to the Cape in 1700 aboard the Reygersdaal. They farmed on De Orleans, in Dal Josafat, where Josué died in October 1721. Paul Roux never owned any land and probably lived in a house which belonged to the church. In 1720 he moved to the premises of the new church (approximately where the old grass thatch church (Afr = "Ou strooidakkerk") stands today). He died two and a half years later on 7 February 1723 in Paarl. In his book, The Huguenots in South Africa, M. Nathan refers to Paul Roux as someone "universally esteemed for character and ability." Translated and adapted by André Roux from "Die Familie Roux" as written by Johannes vd Bijl and published in 1978 by the South African Human Sciences Research Council (HSRC). Die peil van onderwys aan die Kaap was laag en Paul Roux, met wie Elisabeth na Josué se dood sou trou, word as onderwyser van die Franse gemeenskap in die Paarl aangestel. Huismeesters is ook deur sommige gesinne in diens geneem en hul vergoeding het meestal bestaan uit 8 tot 14 gulden per maand, 1 tot 2 pond tabak, voedsel, drank, goeie huisvesting en soms klere aan die einde van die jaar. Jacob Naudé wat in 1718 as matroos in die Kaap aangekom het, was eers huismeester by Pierre Joubert teen 10 gulden en
n halwe pond tabak per maand en vanaf 1719 tot 1720 huismeester by Josué Cellier teen 10 gulden en een pond tabak per maand. Elisabeth hertrou in ongeveer 1722 met die 57-jarige wewenaar Paul Roux. Hul presiese huweliksdatum is onbekend aangesien die Paarl se huweliksregisters vir hierdie tydperk verlore is. Paul en Elisabeth kon nie baie lank getroud gewees het nie aangesien hy op 7 Februarie 1723 oorlede is, sestien maande na haar eerste man. Na Paul se dood het Elisabeth nie weer hertrou nie. Paul Roux was
n bekwame man wat kort na sy aankoms in die Kaap in 1688 aangestel is as onderwyser, voorleser en sieketrooster vir die Franse gemeenskap in die Paarl, poste wat hy tot sy dood toe beklee het. Saam met Pierre Simond was hy gereken as een van die grootste stryders vir die gebruik en behoud van die Franse taal aan die Kaap. Teen die tyd dat hy en Elisabeth getroud is, was die kinders uit sy eerste huwelik almal reeds mondig. Hy het 'n kleinerige plasie Oranje, 2 morg 250 vk roede, in die Paarl besit wat na sy dood na sy seun Jeremie Roux gegaan het. Vir meer inligting kyk ook onder stamvader Paul Roux.




Bronne


1 Doopregisters, Protestantse Gemeente van Bazoches-en-Dunois, Frankryk, Doopregisters vir 1671 tot 1684 van die Protestantse Gemeente van Bazoches-en-Dunois, Frankryk (1675 Doopregister van die Protestantse Gemeente van Bazoches-en-Dunois, Frankryk) Aangetek. Datum: 22 Des 2009.

Die sesde dag van Oktober 1675 gedoop deur Gem leraar Moy Souligne - COUVRET Elizabeth, dogter van Pierre en Charlotte COUVRET Moireau. Die peetvader Moudaun Estienne (?) En peetmoeder Elizabeth Fricheteau het bevestig dat hierdie meisie gebore is op 9 September 1675.

2 SAG1, J. A. Heese en R. T. J. Lombard, Suid-Afrikaanse Geslagregisters Deel 1 A-C (1999 Protea Boekhuis, Stellenbosch) Aangetek. Datum: 7 Okt 2008 ID: 118, Bl. 563. Bewaarplek: Jan A. Cilliers, Ons Herberg 44A, Eerstelaan, Bronkhorstspruit, Gauteng 1020, Suid-Afrika, http://www.cilliers-stamboom.co.za. Verwys. Datum: 24 Okt 2008 Verwys.-ID: 118

3 Doopregisters, Protestantse Gemeente, Bazoches-en-Dunois, Frankryk, Doopregisters vir 1671 tot 1684 van die Protestantse Gemeente, Bazoches-en-Dunois, Frankryk (16 Okt 1675 Doopgeregister van die Protestantse Gemeente, Bazoches-en-Dunois, Frankryk).

Die sesde dag van Oktober 1675 gedoop deur Gem leraar Moy Souligne - COUVRET Elizabeth, dogter van Pierre en Charlotte COUVRET Moireau. Die peetvader Moudaun Estienne (?) En peetmoeder Elizabeth Fricheteau het bevestig dat hierdie meisie gebore is op 9 September 1675.

4 Doopregister Elisabeth Couvret, Protestantse Gemeente Bozachos-en-Dunois, Frankryk, Doopregisters van die Protestantse Gemeente Bozachos-en-Dunois, Frankryk 1671 tot 1684 (1675, Protestantse Gemeente Bozachos-en-Dunois, Frankryk) Aangetek. Datum: 20 Des 2009.

5
HUGENOTE-VERENIGING VAN SUID-AFRIKA, Mariana Olivier, Die B_Geslag van die Cellier-familie (BULLETIN 36 van 1999
) Aangetek. Datum: 10 Jul 2008 ID: 117. Bewaarplek: Jan A. Cilliers, Ons Herberg 44A, Eerstelaan, Bronkhorstspruit, Gauteng 1020, Suid-Afrika, http://www.cilliers-stamboom.co.za.

6 Geslagsregisters van Ou Kaapse Families, C. C. de Villiers en C. Pama, Geslagsregisters van Ou Kaapse Families Aangetek. Datum: 28 Aug 2008, bl 135. Verwys. Datum: 28 Aug 2008

7 SAG1, J. A, Heese en R. T. J. Lombard, Suid-Afrikaanse Geslagregisters Deel 1 A-C (1999 Protea Boekhuis, Pretoria) Aangetek. Datum: 7 Okt 2008 ID: 117, Bl 563. Bewaarplek: Jan A. Cilliers, Ons Herberg 44A, Eerstelaan, Bronkhorstspruit, Gauteng 1020, Suid-Afrika, http://www.cilliers-stamboom.co.za. Verwys. Datum: 4 Okt 2008. Josué Cellier, gebore ca 1677. Hy kom in die loop van 1700 in die Kaap vanaf Orleáns met sy vrou, Elisabeth Couvret, per Reygersdaal aan. Volgens Boucher is Josué Celliers moontlik die seun van Josué Celliers en sy vrou, Judith Rouilly. Hierdie egpaar het 'n seun, Nicolaas, in die kerk te Bazoches-en-Dunois laat doop. Volgens Boucher kom die berigte Etienne Barbier ook van Bazoches-en-Dunois. Toe Etienne Barbier in 1739 voor die gereg moes vlug, het hy by die weduwee van Josué Celliers tydelike skuiling gevind. Celliers het sy plaas Orleáns genoem. Hy is daar in Oktober 1721 oorlede. Hy is in Frankryk met Elisabeth Couvret getroud.

kolpunt  Familievraelys
Tuis | Inhoudsopgawe | Vanne | Naamlys

Hierdie Webwerf is Geskep op 18 Sep 2010 met Legacy 6.0 van Millennia