Die Cilliers-Stamboom




DaniŽl Johannes Jacobus Scholtz en Catharina Elizabeth Snyders



Man DaniŽl Johannes Jacobus SCHOLTZ [12160] 1 2

          Alias: David Johannes Jacobus  Scholtz  1
         Gebore: Voor 11 Des 1801 - Beaufort West District
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1444


          Vader: Joachim SCHOLTZ [1379] (Voor 1761-1805) 1 2 3 4 5 6 7 8 9
         Moeder: Anna Johanna Francina JACOBS [1401] (Voor 1777-      )


        Huwelik: 16 Sep 1821 - Worcester [MRIN:944] (Death of one spouse)

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē ID No. - D-2

ē Doop, 11 Des 1801 - Stellenbosch




Vrou Catharina Elizabeth SNYDERS [2075]

          Alias: Catarina Elisabeth  Snijders
         Gebore: 7 Des 1800
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1421



Kinders

Algemene Notas (Man)

Sy vader is oorlede toe hy slegs 4 jaar oud was. Sy moeder was toe te Stellenbosch woonagtig en is weer getroud op 30 November 1806 met Christoffel Francois Snyman. Sy stiefvader moes hom op die boerdery in die Bokkeveld toegelÍ het.

Soos hy volwassenheid verkry het, het hy hom op die veeboerdery toegelÍ en het later verhuis na die noordelike deel van die destydse Worcester distrik nl. die omgewing van Victoria-Wes. Hier het hy hom in 1821 in die huwelik begewe.

Nadat hulle ín tydlank in die Bokkeveld woonagtig was het hulle noordwaarts getrek en het hulle in die latere distrik Beaufort-Wes gevestig.

Later vind ons sy dogter en haar gade by ín huweliksgeleentheid en nog later by ín doopgeleentheid aan die Onder-Rietrivier in 1854. Vanaf die Wes-Vrystaat is hulle (datum onbekend) na Wes-Transvaal en ons vind die familie weer in die omgewing van die latere Bloemhof en Wolmaransstad.

Vermoedelik het hy hom noordwaarts beweeg en is iewers in Wes-Transvaal oorlede.


Gerrit Matthijs Van Wyk en Elizabeth Scholtz



Man Gerrit Matthijs VAN WYK [5811] 3 10

         Gebore: Voor 15 Sep 1754
         Gedoop: 
        Oorlede: 1815
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1428
        Huwelik: 15 Des 1771 - Tulbagh [MRIN:793]

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē Farm - Matjiesfontein, Roggeveld, Tulbagh

ē Doop, 15 Sep 1754




Vrou Elizabeth SCHOLTZ [5819] 3 11

         Gebore: Voor 21 Feb 1751 - Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: 1790
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1429


          Vader: Jan Joachim SCHOLTZ [1385] (1730-1804) 1 3 12 13 14 15 16
         Moeder: Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] (Voor 1730-1777) 3 16 17



Aangetekende gebeure in haar lewe is:
ē Doop, 21 Feb 1751 - Cape Town



Kinders

Algemene Notas (Vrou)

Die halfsuster van Jan Joachim t.w. Christina Strang en haar eggenoot Jacob Kruger, tree as getuies op by die doop. Die naam van Christina word verkeerd aangegee as Elizabeth Strang, miskien omdat aanvaar was dat die kind na die peetmoeder vernoem is.

Sy en haar man Gerrit Matthuys van Wyk was woonagtig op die plaas "Matjesfontein" in die Roggeveld.


Gerhardus Wilhelmus Joachim Scholtz en Rachel Maria Catharina Van Zyl



Man Gerhardus Wilhelmus Joachim SCHOLTZ [1380] 19

          Alias: Gerhardus Wilhelmus Jacobus  Scholtz  1 18
         Gebore: 3 Nov 1805 - Stellenbosch
         Gedoop: 
        Oorlede: 2 Jan 1856 - Loxton, Victoria West
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1380


          Vader: Joachim SCHOLTZ [1379] (Voor 1761-1805) 1 2 3 4 5 6 7 8 9
         Moeder: Anna Johanna Francina JACOBS [1401] (Voor 1777-      )


        Huwelik: 29 Okt 1826 - Worcester [MRIN:494]

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē ID No. - D-3

ē Doop, 19 Jan 1806 - Stellenbosch




Vrou Rachel Maria Catharina VAN ZYL [1381] 19

         Gebore: Jan 1811 - Uievallei, District Calvinia
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1381



Kinders

Algemene Notas (Man)

Met die afsterwe van sy vader was sy moeder verwagtend en hy is kort daarna gebore. Sy moeder het in Stellenbosch gewoon. Later is sy moeder weer getroud en hulle is toe saam met haar nuwe eggenoot na die Bokkeveld.

Na sy eie huwelik het hy hom blykbaar op die boerdery toegelÍ en het hy hom in die Roggeveld, distrik Clanwilliam gaan vestig. Sy oudste kind is in die omgewing gebore. Later is hy verder noord en het hy na die omgewing van Loxton distrik Victoria-Wes verhuis.

Hier is hy op 50-jarige ouderdom op 8 Januarie 1856 oorlede.


Algemene Notas (Vrou)

Op haar sterfkennis word haar naam aangegee as Rachel Maria maar in de Villiers/Pama geslagsregisters word haar naam aangegee as Rachel Maria Sofia van Zyl.


Gerrit Scholtz



Man Gerrit SCHOLTZ [1383] 3

         Gebore: Voor 2 Mar 1755
         Gedoop: 
        Oorlede: Voor 1765
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1383


          Vader: Jan Joachim SCHOLTZ [1385] (1730-1804) 1 3 12 13 14 15 16
         Moeder: Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] (Voor 1730-1777) 3 16 17



Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē ID No. - C-1A

ē Doop, 2 Mar 1755 - Cape Town




Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders

Algemene Notas (Man)

Sy afsterwe word nie in die sterfregister van die gemeente gevind nie, maar hy moes reeds voor sy tiende jaar gesterf het want in 1765 word dieselfde naam aan ín jonger seun gegee. Die naam is afkomstig van die grootvader aan moederskant. (Gerrit van Wyk).


Jan Joachim Scholtz en Catharina Elizabeth Van Wyk



Man Jan Joachim SCHOLTZ [1385] 1 3 12 13 14 15 16

         Gebore: 24 Jun 1730 - Cape
         Gedoop: 
        Oorlede: 2 Aug 1804 - Stellenbosch
        Begrawe:  - Stellenbosch Cemetery
   Gebruiker-ID: 1385


          Vader: Joachim SCHOLTZ [1386] (Ca. 1690-1738) 3 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42
         Moeder: Anna Marijna SWART [1389] (Ca. 1690-1732) 3 43 44 45


        Huwelik: 19 Sep 1748 - Swartland (Malmesbury) [MRIN:497]

     Ander Gade: Johanna Elizabeth HAMMAN [1398] (1750-1826) - 22 Nov 1778 - Dutch Reformed Church, Paarl [MRIN:498] 46

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē Beroep - Farmer

ē Farm - "DE Rooge Cloof", Near Sutherland

ē ID No. - B2

ē Doop 47, 24 Jun 1730 - Paarl




Vrou Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] 3 16 17

         Gebore: Voor 15 Okt 1730 - Cape Town
         Gedoop: 
        Oorlede: 18 Jul 1777 - "DE Rogge Cloof", Near Sutherland
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1397


          Vader: Gerrit Arij VAN WYK [1402] (Voor 1704-      ) 48
         Moeder: Isabeau VIVIER [1403] (Voor 1698-Ca. 1731)



Aangetekende gebeure in haar lewe is:
ē Doop, 15 Okt 1730 - Cape Town



Kinders
1 V Anna Elizabeth SCHOLTZ [1393] 3 16 49 50

         Gebore: 23 Jun 1749 - Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: 11 Aug 1832 - Klapmuts, Paarl
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1393
           Gade: Hermanus ESTERHUIZEN [1399] (Voor 1734-Ca. 1808) 3
            Huw: 16 Apr 1761 [MRIN:693]



2 V Elizabeth SCHOLTZ [5819] 3 11

         Gebore: Voor 21 Feb 1751 - Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: 1790
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1429
           Gade: Gerrit Matthijs VAN WYK [5811] (Voor 1754-1815) 3 10
            Huw: 15 Des 1771 - Tulbagh [MRIN:793]



3 M Hermanus SCHOLTZ [1382] 1 3 51 52 53

         Gebore: Voor 3 Jun 1753
         Gedoop: 
        Oorlede: 25 Mar 1803 - Stellenbosch
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1382
           Gade: Anna Maria JOOSTE [1388] (Ca. 1744-1790) 3 54 55
            Huw: 15 Jul 1787 - Cape Of Good Hope [MRIN:495]



4 M Gerrit SCHOLTZ [1383] 3

         Gebore: Voor 2 Mar 1755
         Gedoop: 
        Oorlede: Voor 1765
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1383



5 V Catharina Francina SCHOLTZ [1394] 1 3

         Gebore: Voor 6 Mar 1757
         Gedoop: 
        Oorlede: 17 Jun 1761 - Tulbagh
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1394



6 V Jacomina SCHOLTZ [1395] 3 56 57 58 59 60 61

         Gebore: 22 Sep 1758
         Gedoop: 
        Oorlede: 1805
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1395
           Gade: Johannes JACOBS [2085] (Voor 1751-      )
            Huw: 13 Apr 1776 - Tulbagh [MRIN:696]



7 M Joachim SCHOLTZ [1379] 1 2 3 4 5 6 7 8 9

         Gebore: Voor 15 Mar 1761 - Rogge Cloof, Roggeveld, Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: 16 Des 1805 - Stellenbosch
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1379
           Gade: Catharina Elizabeth VAN DER MERWE [1400] (Voor 1764-Ca. 1795) 62
            Huw: 22 Apr 1781 - Tulbagh [MRIN:492]
           Gade: Anna Johanna Francina JACOBS [1401] (Voor 1777-      )
            Huw: 9 Okt 1796 [MRIN:493]



8 M Gerhardus SCHOLTZ [1384] 1 63 64

          Alias: Gerrit  Scholtz, Gerrit
         Gebore: Voor 17 Mar 1765
         Gedoop: 
        Oorlede: 14 Des 1837 - Cape Town
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1384
           Gade: Christina Elizabeth DU BUIS [5824] (Voor 1755-1842) 65
            Huw: 15 Jul 1789 - Stellenbosch [MRIN:496]



9 V Maria Magdalena SCHOLTZ [1396] 1 3

         Gebore: Voor 20 Mar 1768
         Gedoop: 
        Oorlede: 7 Okt 1773 - Tulbagh
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1396



10 V Martha Christina SCHOLTZ [5826] 3 66 67

          Alias: Maria
         Gebore: Voor 13 Okt 1771
         Gedoop: 
        Oorlede: 8 Jun 1853
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1431
           Gade: Dirk Cornelis UYS [5829] (Voor 1765-      )
            Huw: 23 Mei 1790 - Stellenbosch [MRIN:823]




Algemene Notas (Man)

Jan het sy moeder op twee-jarige leeftyd verloor. Terwyl sy vader op "Elandskloof", in die omgewing van die huidige Citrusdal woonagtig was, het sy stiefmoeder gesterf en op agt-jarige leeftyd het hy sy vader verloor. Blykbaar het die ouer kinders van die tien van Wyk-kinders d.i. sy stiefbroers en susters vir die res sowel as vir hom en sy halwe suster Christina Strang gesorg.

In die notule van die Diakonie van die Gemeente van Tulbagh kon geen verwysing na hom gevind word nie en vermoedelik was hy nie onder hulle versorging nie. Van sy drie halwe susters was net een, nl. Christina Strang nog in lewe.

Soos blyk uit die memorie aan die Goewerneur deur Joachim (a1) tydens die tyd wat hy wewenaar was, was die dogter toe nie onder sy sorg nie maar waar sy toe was kon ook nie vasgestel word nie. Vermoedelik moes sy op ín latere tydperk weer onder sy sorg gekom het. Op 25 Oktober 1739, dus ín jaar na die afsterwe van haar stiefvader, Joachim, tree sy in die huwelik met Jacob Kruger. (Redelinghuys gee in die verband haar naam foutief aan as Catharina.)

Vermoedelik het die tienjarige Jan Joachim by hulle ingewoon of andersins by Christoffel van Wyk d.i. ín neef van sy stieffamilie. Na hy getrou het het Jan Joachim, Christoffel se plaas in die Bokkeveld oorgeneem nadat Christoffel na die Roggeveld getrek het. Miskien het hy gewissel tussen die Krugers, (Jacob Kruger was met sy halfsuster getroud) en die van Wyks.

Dat daar ín band tussen Christina Kruger (gebore Strang) en Jan Joachim in stand gebly het is duidelik want sy en haar eggenoot Jacob Kruger word in 1751 benoem as getuies met die doop van Jan Joachim se dogter Elizabeth. In 1763 word Jan Joachim en sy vrou weer benoem as getuies met die doop van ín kind van Jacob Kruger en Christina (K.K., Doopregister, Tulbagh). Die jongste dogter van Jan Joachim ontvang die naam Martha Christina en vermoedelik word sy na Christina Strang vernoem.

Op 19 September 1748 tree Jan Joachim te Swartland (Malmesbury) in die huwelik met Catharina van Wyk.

Presies waar hulle vir die eerste paar jaar woonagtig was, kon nie met duidelikheid bepaal word nie, maar aanvanklik het hy die plaas van Christoffel van Wyk in die Bokkeveld oorgeneem.

Op 12 Augustus 1752 het hy saam met Christiaan Liebenberg die plaas "De Bokjes fontein" in die Bokkeveld ontvang. Blykbaar het hy Jacob Kruger na die Bokkeveld gevolg want Jacob het alreeds op 24 April 1752, die plaas "De†Forteyn" in die Roggeveld ontvang en daar het hy vir baie jare bly woon. (KAB, R.L.R. 13 bl. 22-190).

In 1756 vestig Jan Joachim hom op die plaas "De Rogge Kloof" geleen op het Groote Roggeveld. (KAB, R.L.R. 43 asook R.L.R. 41 bl. 393). Die toekenning word gedoen op 9 Augustus 1756. Op 10 Januarie 1761 word gemeld dat hy die plaas verlaat het maar op 22 Desember 1766 en weereens op 23 Oktober 1777 word bevestig dat hy nog daar was.

Die plaas Roggekloof is 18 km suid-suid-oos vanaf Sutherland. As ín mens met die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland teen die Verlatekloofpas uitkom, draai mens op die eerste pad regs en 10 km verder kom ín mens by die plaas se afdraaipad na links, en die opstal is ongeveer 4 km verder. (Inligting verskaf deur dr. Adelbert Scholtz, eertydse leraar te Sutherland).

Op 10 Augustus 1759 word die plaas "Die Eendragt" ook aan hom toegeken. Miskien het hy die tweede plaas slegs vir weiding nodig gehad. (Toekenning R.L.R. 15/2 bl. 218) en op 10 Januarie 1761 gee hy kennis dat hy die plaas verlaat het.

In 1777 is sy vrou Catharina van Wyk oorlede. Die sterfregister gee nie die plek aan nie maar blykbaar was dit op "Die Rogge Kloof". (KAB, C.J. 2633/53). Hier teken hy sy naam slegs as Joachim.

Teen hierdie tyd was hy ín redelike gegoede man want volgens die boedelrekening was hy die eienaar van 5 mansslawe, en een slavin. Twee leningsplase word vermeld maar ongelukkig word die name van die plase nie in die boedelrekening vermeld nie. Verder het hy 4856 skape, 208 beeste en 13 perde besit.

Watter opleiding hy gehad het, is nie duidelik nie, maar in die boedelrekening word daar gemeld dat hy ín Bybel en "een party boeken" besit het.

Op 22 November 1778 is hy te Paarl weer getroud en wel met Johanna Elizabeth Hamman. Kort na sy huwelik, op 2 Desember 1778 word die plaas " ít Drooge Land agter ít Bokkeveld" die verlate plase van Francois Venter aan hom toegeken. (R.L.R. 25/2 bl. 307). Op 15 Februarie 1782 word gemeld dat hy nog daar woonagtig was. Op 6 Februarie 1784 gee Willem Wouter Venter kennis dat hy sy plaas verlaat het weens las met Joachim Scholtz. Blykbaar was die grense tussen die plase nie duidelik afgebaken nie.

Toe hy in Kaapstad was en op die punt gestaan het om met Johanna Elizabeth Hauman in die huwelik te tree het hulle ín gesamentlike testament laat opstel en dit is deur Christiaan Ludolph Neethling, Sekretaris van die Raad van Justisie op 29 Oktober 1778 opgestel.

Die dokument meld dat hy en sy oorlede eggenote, Catharina Elizabeth van Wyk ín mondelinge testament voor sewe getuies op 1 Februarie 1752 opgestel het en waarvolgens die langslewende die "universele erfgenaam" sou wees en met behulp van "twee goede en onbesproken manne als toesiende voogden" sou omsien na die opvoeding van hul kinders, al sou die langslewende weer in die huwelik tree.

Die bruidegom onderneem om uit sy boedel, wat op 3 000 riksdaalders getakseer was, die bedrag van 1713 riksdaalders aan sy kinders na te laat. Die getroudes sou hul deel dadelik ontvang terwyl die minderjariges se deel in trust gehou sou word. As toesighoudende voogde word aangestel Hermanus Esterhuyzen en Pieter Hugo. Die testament is onderteken deur "Jochem Scholtz" en P. Hugo, terwyl Hermanus Esterhuyzen ín kruisie gemaak het.

Hermanus Esterhuyzen was Joachim se skoonseun en Pieter Hugo was die bewoner van "Schietfontein" (R.L.R. 15/1 bl. 152) wat hy vanaf 26 September 1758 besit het. "Schietfontein" is enkele kilometer ten suide van Roggekloof.

As bylae by bogenoemde testament is daar ín "Inventaris des Boedels van die landbouer, Jochem Scholts". As getuies hiervan het geteken Frans Joosten en Philip Erasmus. Die datum daarop is 30 Oktober 1778, dus ín dag nadat die testament opgestel was. Dit totale waarde van die boedel word op riksdaalders 3018 gestel. Dit sluit onder andere in 2 ossewaens, 1 osse-kar, ín verskeidenheid van gereedskap en huisraad. Sy boerdery het bestaan uit 9856 skape, 206 beeste en 13 perde, asook 5 manlike slawe en een slavin.

Die eerste seun uit die tweede huwelik is te Stellenbosch gedoop maar die tweede seun is in Desember 1781 te Tulbagh gedoop. Blykbaar was hulle toe nog in die Bokkeveld woonagtig. Op 6 Februarie 1784 word deur die veldkornet vermeld dat hy die plaas "ít Drooge Land" verlaat het. In Mei 1790 tree sy jongste dogter te Stellenbosch in die huwelik en blykbaar was hy toe alreeds in Stellenbosch woonagtig.

Wanneer hy na Stellenbosch verhuis het is nie duidelik nie maar vermoedelik moet dit in die omgewing van 1781 - 84 wees. Sy lidmaatskap van die gemeente Roodezand (Tulbagh) word eers in die lidmaatregisters van Stellenbosch aangegee as 30 Julie 1796.

Op 2 Augustus 1804 is hy op 74-jarige leeftyd te Stellenbosch oorlede en sy begrafnis in die kerkhof aldaar vind die volgende dag plaas. (K.K., Sr. Stel.)

An extract from a book being compiled by Dr. Skead.

Scholtz: No farming property has yet been found under the name of Field-corporal Jan Scholtz but the fact of his having had an official title strongly suggests that he must have been a member of the local farming fraternity, as were others with similar commando titles. All that is known of him is that on 5 November 1779 (an early date for farm occupancies) he submitted a declaration to the Swellendam Landdrost, by whom all frontier affairs were then administered, telling how he had met at the Swartkops River a party of farmers fleeing from Xhosas who had been stealing their cattle and burning their homes.

Scholtz told the Landdrost that he had asked the farmers why they felt Blacks should have stolen their cattle. The reply is somewhat illuminating. The farmers told Scholtz that "...they (the Blacks) could not suffer the Gona Hottentots (Khoekhoe) who daily stole their cattle, to reside among the Christians (Whites) but desired that the Christians should drive them away in order that they should again be able to get their cattle". This discursive statement meant, simply, that Hottentots (Khoekhoe) were stealing the Black men's cattle. Incensed, the Blacks demanded that the Whites drive away all Khoekhoe living among them to enable the Blacks to recover cattle which the Khoekhoe had stolen from them. It must be presumed that the Whites had refused and had then been subjected to black harassment to the point that they had no option but to flee. It seems strange that the Blacks had not themselves attacked the thieving Khoekhoe, something they had done at other times without much compunction, a greater force on a weaker.


Algemene Notas (Vrou)

Sy is oorlede in die gemeente Tulbagh, vermoedelik terwyl hulle op die plaas "Het Droogeland achter het Bokkeveld" woonagtig was. Sy was ín dogter van Jan Joachim se stiefbroer Gerrit Arij van Wyk.


Algemene Notas vir Kind Anna Elizabeth SCHOLTZ [1393]

Die naam is blykbaar ín samestelling van die name van haar twee grootmoeders - Anna Maria Swart en Elizabeth Viviers. Gedurende 1772 het sy en haar man blykbaar die Bokkeveld verlaat en hulle te Klapmuts in die gemeente Stellenbosch gevestig.


Algemene Notas vir Kind Elizabeth SCHOLTZ [5819]

Die halfsuster van Jan Joachim t.w. Christina Strang en haar eggenoot Jacob Kruger, tree as getuies op by die doop. Die naam van Christina word verkeerd aangegee as Elizabeth Strang, miskien omdat aanvaar was dat die kind na die peetmoeder vernoem is.

Sy en haar man Gerrit Matthuys van Wyk was woonagtig op die plaas "Matjesfontein" in die Roggeveld.


Algemene Notas vir Kind Hermanus SCHOLTZ [1382]

Mens verwag dat Jan Joachim Scholtz sy oudste seun na sy vader sou vernoem het, soos die tradisie in daardie dae was. Sy ouer broer wat jonk oorlede was, was vernoem na ín persoon uit die Paasen en Lever families. Blykbaar moes die verbintenis voortgeduur het want Jan Joachim se oudste seun word vernoem na Hermanus Paasen gebore 1725.

Waar sy ouers presies woonagtig was tydens sy geboorte, kon nie vasgestel word nie, maar die jaar na sy geboorte was hulle in die Roggeveld en later in die Bokkeveld. Blykbaar het hy in hierdie omgewing groot geword.

Op 12 November 1762 ontvang hy die weiregte op die plaas, "Brandwagt, gelegen achter het Roggeveld aan die Coup". (R.L.R. 18/1 bl. 7) Op 29 Oktober 1768 word kennis gegee dat hy die plaas verlaat het. Aangesien hy teen hierdie tyd nog ín kind was, moes sy vader die plaas op sy naam geneem het om as bykomstige weiveld te gebruik.

In 1 Oktober 1776 registreer hy die weiregte oor die plaas "Matjes Cloof aan die Klipfonteijn gelegen in ít middelste Roggeveld". Op 24 Februarie 1777 gee hy kennis dat hy die plaas verlaat het. (R.L.R. 24/1, bl. 89)

Op 18 Februarie 1780 word die weiregte aan hom toegeken van die plaas, "De Wagenmakershoogte gelegen agter de Bokkeveld in die Coude Bokke Veld." Die plaas het hy in 1782 verlaat.

Op 15 Julie 1787 trou hy met die weduwee Esterhuyzen, wat al sedert 1750 op Klipfontein in die Roggeveld geboer het. Soos hierbo vermeld was Esterhuyzen se broer getroud met Hermanus se suster. Volgens die boek van ds. H.C. Hopkins - "Eeufees-Gedenkboek van die Ned. Geref. Kerk, Sutherland - 1855-1955" bl. 10, het die plaas na Johannes Esterhuyzen se dood op die naam van sy weduwee gekom.

Op 9 Januarie 1747 het Erasmus Smit die plaas "Canary Fonteijn" aan hom toegeken gekry. (R.L.R. 15/1, bl. 24) Hy het die plaas later verlaat en op 7 Maart 1757 het Johannes Esterhuyzen die plaas beset. In 1776 was die plaas nog op sy naam. In 1789 word Hermanus, toe reeds met die weduwee Esterhuyzen getroud, aangee as die okkupeerder van die plaas. Die opstal van die huidige plaas Kanariesfontein is 6km noord-noord-wes vanaf die van die plaas Klipfontein. Albei is geleŽ op die walle van die Visrivier.

Drie jaar na sy huwelik het sy gade hom ontval d.i. 1790. Waar hy daarna woonagtig was kon nie vasgestel word nie, maar blykbaar was hy nog in die omgewing. Sy jonger broer, Joachim (b2c7) was toe ook nog in die Bokkeveld woonagtig.

In 1803 is hy te Stellenbosch, waar sy vader toe woonagtig was, oorlede. Geen oordrag van lidmaatskap na die gemeente Stellenbosch kon gevind word nie en bes moontlik het hy met siekte slegs tydelik na sy ouerhuis in Stellenbosch gegaan.

Hy was blykbaar baie bemind in die familie want telkemale is hy deur sy broers en susters as getuie by die doop van hulle kinders benoem. Sy jonger broer, Joachim, se seun Joachim (b2c7d1) verbind sy naam met die van Hermanus vir sy oudste seun en van hier af word die stamnaam Joachim Hermanus (b2c7d1e5).

Op 3 Maart 1803 het hy ín testament laat opstel en daarin benoem hy sy vader, sy broers en susters uit die eerste huwelik van sy vader as sy erfgename. (KAB, Stel. 18/21 Nr. 64) Die boedelrekening kon, egter nie gevind word nie.


Algemene Notas vir Kind Gerrit SCHOLTZ [1383]

Sy afsterwe word nie in die sterfregister van die gemeente gevind nie, maar hy moes reeds voor sy tiende jaar gesterf het want in 1765 word dieselfde naam aan ín jonger seun gegee. Die naam is afkomstig van die grootvader aan moederskant. (Gerrit van Wyk).


Algemene Notas vir Kind Jacomina SCHOLTZ [1395]

Volgens A.J. Kannemeyer - "Hugenote Families" het die paartjie hulle in die distrik Graaff-Reinet gaan vestig. Dit is egter duidelik dat hulle tot minstens 1792 in die omgewing van Paarl woonagtig was, want hulle het hulle kinders daar laat doop en hulle word as lidmate van die gemeente vermeld. Later is hulle wel noord-waarts na die distrik Graaff-Reinet en daar was hulle kinders weer in aanraking met die van haar ouer broer Joachim.

C.C. de Villiers gee aan dat Johannes Jacobs weer getroud was op 13 Desember 1801 en wel met ín dame genaamd Lea Boshof. Hier moes de Villiers ín fout gemaak het want in die opgaafrolle van die distrik Graaff-Reinet (KAB, G.R., J 125) word die naam van hom en sy vrou Jacomina Scholtz nog aangegee vir die jare 1806, 1807 en 1811 as woonagtig in die dorp Graaff-Reinet. Na hom word verwys as Joh, Jacobs, De Oude.


Algemene Notas vir Kind Joachim SCHOLTZ [1379]

Joachim is bes moontlik gebore op die plaas Rogge Kloof in die Roggeveld waar sy vader toe woonagtig was. Later het sy vader hom in die Bokkeveld gevestig en dit was tydens hul verblyf hier dat hy op 19-jarige leeftyd Belydenis van Geloof afgelÍ het in die jaar 1780, in die gemeente Tulbagh. Die volgende jaar het hy in die huwelik getree. Waar hy en sy gade hulle aanvanklik gevestig het is nie duidelik nie. In 1783 word hul eerste kind te Kaapstad gedoop maar daar word aangeteken dat die ouers in die gemeente Tulbagh woonagtig was. Op die kind se eie sterfkennis, baie jare later word vermeld dat die ouers met die geboorte van die kind in die distrik Worcester, woonagtig was.

Op 24 Junie 1785 word die weiregte van die plaas genaamd "De Elandsberg, achter die Roggeveld aan die Rietrivier" aan hom toe geken. (R.L.R. 34.1 bl. 29) Elandsberg lÍ op die punt waar die huidige pad tussen Sutherland en Fraserburg oor die Rietrivier gaan. Blykbaar het hy ín ander plaas ook gebruik want op 3 Junie 1787 (R.L.R. 25/- bl. 153) word aangegee dat hy Elandsfontein alreeds verlaat het.

In 1786 word die tweede kind, ín dogter, gebore en die doop vind te Stellenbosch plaas, blykbaar omdat die kind se grootvader toe in Stellenbosch woonagtig was. Die woonplaas van die ouers word nie vermeld nie.
Op 28 Februarie 1786 (R.L.R. 34/2 bl. ?) ontvang hy die plaas Eende Kuijl aan die Rietrivier as woonplek en op 16 Desember 1789 was hy nog daar woonagtig. Met die doop van die dogter was hulle dus waarskynlik hier woonagtig. (Eende Kuijl is 8 km stroomaf langs die Rietrivier vanaf Elandsberg - m.a.w. na die noorde toe.)

Op 25 Oktober 1759 word die plaas "Baviaansdrift" aan Gerrit van Wyk, Arij se seun, toegeken. In Desember 1778 kla hy dat die Boesmans hom van die plaas verdryf het. Op 13 Julie 1787 word dit aan Joachim toegeken. In Julie 1790 was hy nog daar. (R.L.R. 36/2 bl. 240 en R.L.R. 15/2 bl. 264) Hy moes dus die twee plase gelyktydig gebruik het. Baviaansdrift is 20 km noord van Eendekuil af en is ook aan die Rietrivier geleŽ.

In die jaar 1790 word die weiregte van die plaas "Sauraansdrift, achter op die Roggeveld aan die Rietrivier" ook aan hom toegeken. Blykbaar moes hy een van die ander plase verlaat het. In tussen het hy ook ín erf in Stellenbosch gekoop en ín huis daarop laat bou en op 23 Junie 1789 het hy ín verband teen die erf en huis laat registreer. (KAB, Stel. Reg.)

Ongeveer 1795 het sy gade hom ontval en in 1796 het hy weer in die huwelik getree met Anna Johanna Francina Jacobs. Waar hulle hul gevestig het is nie duidelik nie, maar later het hy hom na die omgewing van Ceres begewe en wel as padmaker.

In die boek, "So High the Road - Mountain Passes of the Western Cape" van Jose Burman. Human Rousseau, Cape Town, 1963 - bl. 12 staan:- "By 1795 transportation in the remote areas of the Cape had assumed impossible proportions. Thus the inhabitants of the cold Bokkeveld were cut off by two ranges of mountains from the nearest town Tulbagh. It was true that Mostert's Hoek provided a route through the ore chain of mountain, but even this hazardous road lay many miles from Tulbagh and to reach it involved the farmer in a long roundabout trek." (Mitchell's Pass)

"So when an enterprising farmer named Pienaar took it upon himself to build a pass over the Schurfteberg en Witzenberg mountains direct to Tulbagh, there was widespread rejoicing."

Pienaar is later vermoor deur een van die groepe skelms wat hulle in hierdie onbegaanbare omgewing skuil gehou het. In 1786 het die Landdros en Heemrade van Tulbagh gevra vir die dienste van ín "klipbreker" om die moeilike pad tussen die Bokkeveld en die land van Waveren in orde te hou, Joachim het hierdie werk aanvaar.

Burman meld verder:- "At the point where the Schurfteberg Pass enters the Agter Witzenberg there used to be a toll-gate, and in 1804 the toll-keeper was authorized to demand from every wagon the staggering sum of a rix-dollar and a half. Like the other tolls at the Cape, this one was farmed out, so that the toll-keeper did the minimum repairs possible".

Op 13 Februarie 1805 het die Landdros en Heemrade van Tulbagh gekla oor die slegte toestand van die paaie in die omgewing en daar word besluit dat die padmaker daaroor aangeskryf moet word. (1/WOC - 1/1. Notule Landdros en Heemrade, Tulbagh 1804-1808.)

Lichtenstein het ook toe daardie pad gereis. Burman vermeld "Lichtenstein was no lover of tolls, but this toll-keeper, who was named Scholtz, seems to have aroused his special dislike. Apparently Scholtz was immensely fat and travelled round on a little wagon from which he would direct road repairs. Furthermore he had only one good eye, and wore a black patch over the other, giving him a real piratical air."

"Lichtenstein records with satisfaction that, some time later, Scholtz was finally caught stealing cattle from the wayfarers, but died before justice could be meted out to him."

Blykbaar is hierdie laaste stukke ín nydige versinsel van Lichtenstein, want in alle registers van Landdroste en ander dokumente kan geen verwysing gevind word wat Lichtenstein se stelling kan staaf nie.

Sy tweede vrou, Anna Jacobs, is later weer getroud met Christoffel Francois Snyman.

Twee uittreksels uit "Die Vergete Grootpad deur Ceres en die Bokkeveld" saamgestel deur Dene Smuts en Paul Alberts.

bl. 35
Net daarna het ín heeltemal andersoortige vallei gevolg. Dit was aan die voet van die Skurweberge, een van die groot bergreekse wat van die noorde af parallel met die Weskus loop...

As jy bo-op hierdie ongewone produk van die natuur staan, lyk die vallei daaronder somber en melancholies... Die vallei is ryk aan gras en lelieagtige plante en lyk baie na ín Europese weiveld. In die middel van die vallei aan die voet van die berg staan die huis van veldkornet Hugo, waar ons oornag het. Die geboue hier is groter en stylvoller as die Roggeveld sín: die balke, mure en grasdak getuig van beter vakmanskap. Die sitkamer het netjiese rakke, waarop huishoudelike gereedskap van glas en erdewerk ewe smaakvol gerangskik is en ín mate van welvaart toon. Die maniere van die inwoners stem meer ooreen met die afronding van die Kaapse stadsbewoners as die reguit maar goedhartige eenvoud van hul landgenote in noordeliker dele van die kolonie.

bl. 37
Die volgende dag se uitputtende tog was een van die belangrikste onderwerpe van bespreking. Hulle het ons verseker dat dit een van die moeilikste en uitputtendste togte oor die berge in die hele kolonie was.
Onmiddellik onderkant die kloof waarmee ons die Skurweberge deur is, het ons ín afgesonderde huis onder ín oorhangende rots aangetref: dit is bewoon deur ene Scholtz, ín padopsigter wat daar gestasioneer is om ín riksdaalder en ín half te kollekteer van elkeen wat oor die berg kom. Daarmee moes hy die pad in stand hou. Hierdie geld is in ín distriksfonds inbetaal. Hy moes die pad herstel en is ook toegelaat om op die omliggende grond te boer. Omdat swaar winterreŽns die steil afdraandes so erg beskadig, is herstelwerk byna onophoudelik in aanvraag.

Ons het uitgespan onder ín paar eikebome, wat ook vir skadu om die huis gesorg het. Ons het ons tafels en banke uitgehaak en op die grond gaan sit om verversings te geniet. Die opsigter, of padmaker, soos hy in die landstreek genoem is, was een van die grootste en vetse mans wat ek ooit gesien het, en dit sou moeilik wees om ín minder intelligente of onbevoegde mens in die hele kolonie te vind. Hy het ons verseker dat hy binne ín paar jaar so vet geword het. Hy was voorheen maer. Hy is op sy padinspeksies in ín klein waentjie rondgetrek, maar ín slaaf moes oor die padwerkers toesig hou. Die bure het gekla oor sy swak werk en gesÍ dat die pad is voor ons aankoms herstel. Dit was twee jaar lank haas onbegaanbaar...

ín Gerug het die rondte gedoen dat Scholtz ander grotte gehad het waarvan net hy en sy slawe geweet het. Hier het hy die skape weggesteek wat hy met die hulp van sy slawe van slagterstroppe gesteel het.

Ongeveer ín jaar later is Scholtz en al sy werkers aangekeer en meer as die helfte van hulle is aan roof skuldig bevind. Die slawe het gebieg dat hul meester die allerverskriklikste onwaarhede verkoop het, maar voordat hy skuldig bevind kon word is Scholtz in die tronk dood. Ek het hom as dokter in die tronk besoek. Met sy reusagtige lyf, sy een-oog gesig, sy geslepenheid en bedrog, sy neiging tot eensaamheid en sy afkeer van groente en alle vorm van plantkosse het die eienaar van die grotte aan die voet van die Skurweberge ín sterk ooreenkoms met die monster Polifeem getoon.


Algemene Notas vir Kind Gerhardus SCHOLTZ [1384]

Die naam Gerrit kom van sy grootvader aan moederskant nl. Gerrit van Wyk. Blykbaar was hy in die omgang as Gert bekend en so word sy naam aangegee op sy sterfkennis. Nege jaar later op sy vrou se sterfkennis word sy naam aangegee as Gerhardus.

In 1795 het die V.O.C. die oosgrens van die Kaap verskuif na die Boesmansrivier, ín boloop van die Groot Visrivier en in 1778 het die Kompanjie, op versoek van veldkornet van Jaarsveld en andere toegestem dat ín kerk en dorp aangelÍ kon word en te voorsien in die behoeftes van die inwoners van die omgewing en aldus het die dorp Graaff-Reinet ontstaan. In 1781 het die eerste grensoorlog op die oosgrens uitgebreek en daarna het die Kompanjie besluit om die oosgrens vorentoe te verskuif en om langs die Visrivier te wees. Die trek van die veeboere ooswaarts was toe in volle gang.

Waar Gerrit en sy gade hulle gevestig het net na hul huwelik in 1787 kon nog nie duidelik vasgestel word nie. Waarskynlik is hulle aanvanklik in die Bokkeveld waar hy groot geword het. In 1791 is ín opname gemaak van die burgers wat hulle in die nuwe streke op die oosgrens bevind het en sy naam kom op die lys (KAB, G.R. 14/112). Tussen die jare 1789 en 1791 moes hulle na die oosgrens verhuis het.

In 1792 word vermeld dat hy woonagtig was op die plaas "Klipfontein gelegen aan die Bosjesmans Rivier" (KAB, G.R. 14/27. 1792). In 1795 laat hulle ín kind doop te Stellenbosch en in die doopregister word aangeteken dat hy woonagtig was in die distrik van Graaff-Reinet.

In 1819 word hy en sy vrou genoem as getuies by die doop van die tweeling seuns van ín broerskind van hom, nl. Joachim (b2c7d1). Een van die tweeling ontvang ín saamgestelde naam waarin die naam van Gerrit ook voorkom. Teen hierdie tyd moes hy hom egter, alreeds in Kaapstad gaan vestig het want een van sy kinders het alreeds in 1811 in Kaapstad in die huwelik getree. Hy het vir ín geruime tyd in Kaapstad gewoon want hy is eers in 1837 daar oorlede. Hy moes redelik welgesteld gewees het want in Kaapstad was hy "rustend" en moes gelewe het uit inkomstes wat hy op beleggings verkry het. Sy adres word aangegee as Boomstraat en sy dogters is ook vanuit die huis in Boomstraat getroud.

Hy is op 14 Desember 1837 in Kaapstad oorlede, hy was toe 72 jaar oud op sy sterfkennis word sy beroep aangegee as "gentleman".


Algemene Notas vir Kind Maria Magdalena SCHOLTZ [1396]

Died young, at about 5 years of age.


Joachim Scholtz en Catharina Elizabeth Van Der Merwe



Man Joachim SCHOLTZ [1379] 1 2 3 4 5 6 7 8 9

         Gebore: Voor 15 Mar 1761 - Rogge Cloof, Roggeveld, Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: 16 Des 1805 - Stellenbosch
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1379


          Vader: Jan Joachim SCHOLTZ [1385] (1730-1804) 1 3 12 13 14 15 16
         Moeder: Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] (Voor 1730-1777) 3 16 17


        Huwelik: 22 Apr 1781 - Tulbagh [MRIN:492]

     Ander Gade: Anna Johanna Francina JACOBS [1401] (Voor 1777-      ) - 9 Okt 1796 [MRIN:493]

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē Beroep - Burgher And Road Maker

ē Farm - Stellenbosch

ē ID No. - C-2

ē Doop, 15 Mar 1761 - Tulbagh (Roodezand)




Vrou Catharina Elizabeth VAN DER MERWE [1400] 62

         Gebore: Voor 21 Apr 1764 - Tulbagh
         Gedoop: 
        Oorlede: Ca. 1795 - Roggeveld, Tulbagh
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1400

Aangetekende gebeure in haar lewe is:
ē Doop, 21 Apr 1764 - Tulbagh



Kinders

Algemene Notas (Man)

Joachim is bes moontlik gebore op die plaas Rogge Kloof in die Roggeveld waar sy vader toe woonagtig was. Later het sy vader hom in die Bokkeveld gevestig en dit was tydens hul verblyf hier dat hy op 19-jarige leeftyd Belydenis van Geloof afgelÍ het in die jaar 1780, in die gemeente Tulbagh. Die volgende jaar het hy in die huwelik getree. Waar hy en sy gade hulle aanvanklik gevestig het is nie duidelik nie. In 1783 word hul eerste kind te Kaapstad gedoop maar daar word aangeteken dat die ouers in die gemeente Tulbagh woonagtig was. Op die kind se eie sterfkennis, baie jare later word vermeld dat die ouers met die geboorte van die kind in die distrik Worcester, woonagtig was.

Op 24 Junie 1785 word die weiregte van die plaas genaamd "De Elandsberg, achter die Roggeveld aan die Rietrivier" aan hom toe geken. (R.L.R. 34.1 bl. 29) Elandsberg lÍ op die punt waar die huidige pad tussen Sutherland en Fraserburg oor die Rietrivier gaan. Blykbaar het hy ín ander plaas ook gebruik want op 3 Junie 1787 (R.L.R. 25/- bl. 153) word aangegee dat hy Elandsfontein alreeds verlaat het.

In 1786 word die tweede kind, ín dogter, gebore en die doop vind te Stellenbosch plaas, blykbaar omdat die kind se grootvader toe in Stellenbosch woonagtig was. Die woonplaas van die ouers word nie vermeld nie.
Op 28 Februarie 1786 (R.L.R. 34/2 bl. ?) ontvang hy die plaas Eende Kuijl aan die Rietrivier as woonplek en op 16 Desember 1789 was hy nog daar woonagtig. Met die doop van die dogter was hulle dus waarskynlik hier woonagtig. (Eende Kuijl is 8 km stroomaf langs die Rietrivier vanaf Elandsberg - m.a.w. na die noorde toe.)

Op 25 Oktober 1759 word die plaas "Baviaansdrift" aan Gerrit van Wyk, Arij se seun, toegeken. In Desember 1778 kla hy dat die Boesmans hom van die plaas verdryf het. Op 13 Julie 1787 word dit aan Joachim toegeken. In Julie 1790 was hy nog daar. (R.L.R. 36/2 bl. 240 en R.L.R. 15/2 bl. 264) Hy moes dus die twee plase gelyktydig gebruik het. Baviaansdrift is 20 km noord van Eendekuil af en is ook aan die Rietrivier geleŽ.

In die jaar 1790 word die weiregte van die plaas "Sauraansdrift, achter op die Roggeveld aan die Rietrivier" ook aan hom toegeken. Blykbaar moes hy een van die ander plase verlaat het. In tussen het hy ook ín erf in Stellenbosch gekoop en ín huis daarop laat bou en op 23 Junie 1789 het hy ín verband teen die erf en huis laat registreer. (KAB, Stel. Reg.)

Ongeveer 1795 het sy gade hom ontval en in 1796 het hy weer in die huwelik getree met Anna Johanna Francina Jacobs. Waar hulle hul gevestig het is nie duidelik nie, maar later het hy hom na die omgewing van Ceres begewe en wel as padmaker.

In die boek, "So High the Road - Mountain Passes of the Western Cape" van Jose Burman. Human Rousseau, Cape Town, 1963 - bl. 12 staan:- "By 1795 transportation in the remote areas of the Cape had assumed impossible proportions. Thus the inhabitants of the cold Bokkeveld were cut off by two ranges of mountains from the nearest town Tulbagh. It was true that Mostert's Hoek provided a route through the ore chain of mountain, but even this hazardous road lay many miles from Tulbagh and to reach it involved the farmer in a long roundabout trek." (Mitchell's Pass)

"So when an enterprising farmer named Pienaar took it upon himself to build a pass over the Schurfteberg en Witzenberg mountains direct to Tulbagh, there was widespread rejoicing."

Pienaar is later vermoor deur een van die groepe skelms wat hulle in hierdie onbegaanbare omgewing skuil gehou het. In 1786 het die Landdros en Heemrade van Tulbagh gevra vir die dienste van ín "klipbreker" om die moeilike pad tussen die Bokkeveld en die land van Waveren in orde te hou, Joachim het hierdie werk aanvaar.

Burman meld verder:- "At the point where the Schurfteberg Pass enters the Agter Witzenberg there used to be a toll-gate, and in 1804 the toll-keeper was authorized to demand from every wagon the staggering sum of a rix-dollar and a half. Like the other tolls at the Cape, this one was farmed out, so that the toll-keeper did the minimum repairs possible".

Op 13 Februarie 1805 het die Landdros en Heemrade van Tulbagh gekla oor die slegte toestand van die paaie in die omgewing en daar word besluit dat die padmaker daaroor aangeskryf moet word. (1/WOC - 1/1. Notule Landdros en Heemrade, Tulbagh 1804-1808.)

Lichtenstein het ook toe daardie pad gereis. Burman vermeld "Lichtenstein was no lover of tolls, but this toll-keeper, who was named Scholtz, seems to have aroused his special dislike. Apparently Scholtz was immensely fat and travelled round on a little wagon from which he would direct road repairs. Furthermore he had only one good eye, and wore a black patch over the other, giving him a real piratical air."

"Lichtenstein records with satisfaction that, some time later, Scholtz was finally caught stealing cattle from the wayfarers, but died before justice could be meted out to him."

Blykbaar is hierdie laaste stukke ín nydige versinsel van Lichtenstein, want in alle registers van Landdroste en ander dokumente kan geen verwysing gevind word wat Lichtenstein se stelling kan staaf nie.

Sy tweede vrou, Anna Jacobs, is later weer getroud met Christoffel Francois Snyman.

Twee uittreksels uit "Die Vergete Grootpad deur Ceres en die Bokkeveld" saamgestel deur Dene Smuts en Paul Alberts.

bl. 35
Net daarna het ín heeltemal andersoortige vallei gevolg. Dit was aan die voet van die Skurweberge, een van die groot bergreekse wat van die noorde af parallel met die Weskus loop...

As jy bo-op hierdie ongewone produk van die natuur staan, lyk die vallei daaronder somber en melancholies... Die vallei is ryk aan gras en lelieagtige plante en lyk baie na ín Europese weiveld. In die middel van die vallei aan die voet van die berg staan die huis van veldkornet Hugo, waar ons oornag het. Die geboue hier is groter en stylvoller as die Roggeveld sín: die balke, mure en grasdak getuig van beter vakmanskap. Die sitkamer het netjiese rakke, waarop huishoudelike gereedskap van glas en erdewerk ewe smaakvol gerangskik is en ín mate van welvaart toon. Die maniere van die inwoners stem meer ooreen met die afronding van die Kaapse stadsbewoners as die reguit maar goedhartige eenvoud van hul landgenote in noordeliker dele van die kolonie.

bl. 37
Die volgende dag se uitputtende tog was een van die belangrikste onderwerpe van bespreking. Hulle het ons verseker dat dit een van die moeilikste en uitputtendste togte oor die berge in die hele kolonie was.
Onmiddellik onderkant die kloof waarmee ons die Skurweberge deur is, het ons ín afgesonderde huis onder ín oorhangende rots aangetref: dit is bewoon deur ene Scholtz, ín padopsigter wat daar gestasioneer is om ín riksdaalder en ín half te kollekteer van elkeen wat oor die berg kom. Daarmee moes hy die pad in stand hou. Hierdie geld is in ín distriksfonds inbetaal. Hy moes die pad herstel en is ook toegelaat om op die omliggende grond te boer. Omdat swaar winterreŽns die steil afdraandes so erg beskadig, is herstelwerk byna onophoudelik in aanvraag.

Ons het uitgespan onder ín paar eikebome, wat ook vir skadu om die huis gesorg het. Ons het ons tafels en banke uitgehaak en op die grond gaan sit om verversings te geniet. Die opsigter, of padmaker, soos hy in die landstreek genoem is, was een van die grootste en vetse mans wat ek ooit gesien het, en dit sou moeilik wees om ín minder intelligente of onbevoegde mens in die hele kolonie te vind. Hy het ons verseker dat hy binne ín paar jaar so vet geword het. Hy was voorheen maer. Hy is op sy padinspeksies in ín klein waentjie rondgetrek, maar ín slaaf moes oor die padwerkers toesig hou. Die bure het gekla oor sy swak werk en gesÍ dat die pad is voor ons aankoms herstel. Dit was twee jaar lank haas onbegaanbaar...

ín Gerug het die rondte gedoen dat Scholtz ander grotte gehad het waarvan net hy en sy slawe geweet het. Hier het hy die skape weggesteek wat hy met die hulp van sy slawe van slagterstroppe gesteel het.

Ongeveer ín jaar later is Scholtz en al sy werkers aangekeer en meer as die helfte van hulle is aan roof skuldig bevind. Die slawe het gebieg dat hul meester die allerverskriklikste onwaarhede verkoop het, maar voordat hy skuldig bevind kon word is Scholtz in die tronk dood. Ek het hom as dokter in die tronk besoek. Met sy reusagtige lyf, sy een-oog gesig, sy geslepenheid en bedrog, sy neiging tot eensaamheid en sy afkeer van groente en alle vorm van plantkosse het die eienaar van die grotte aan die voet van die Skurweberge ín sterk ooreenkoms met die monster Polifeem getoon.


Algemene Notas (Vrou)

Gebore te Tulbagh en gedoop op 21 April 1764. Sy is vermoedelik in die Roggeveld (gemeente Tulbagh) oorlede ongeveer die jaar 1795.

Haar afstamming was soos volg:-

a. Willem van der Merwe - trou 9 September 1668 - Elsie Cloete.
b2. Schalk, gedoop 18 Augustus 1673 - trou Anna Privot.
c10. Pieter gedoop 7 Junie 1709 - trou 12 Augustus 1731 met Elsie van Rensburg.
d4. Pieter gebore 6 Julie 1738 - trou 24 Desember 1758 met Sophia van der Merwe.
e3. Catharina Elizabeth trou met Joachim Scholtz.


Joachim Scholtz en Anna Marijna Swart



Man Joachim SCHOLTZ [1386] 3 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

         Gebore: Ca. 1690 - Altmark, Brandenburg, Germany
         Gedoop: 
        Oorlede: 1738 - "DE Klijne Vogelvallei", Piquetberg
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1386
        Huwelik: 3 Aug 1727 - Dutch Reformed Church, Paarl [MRIN:499] 46

     Ander Gade: Antoinetta CAMPHER [1392] (Ca. 1688-1735) - 31 Mei 1733 - Dutch Reformed Church, Stellenbosch [MRIN:500]

Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē Beroep - Soldier, Then Burgher

ē ID No. - A




Vrou Anna Marijna SWART [1389] 3 43 44 45

          Alias: Anna Maria  Swart
         Gebore: Ca. 1690 - Stockholm, Sweden
         Gedoop: 
        Oorlede: 1732
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1389

     Ander Gade: Martin MECKLENBURG [1390] (Ca. 1700-1717) - 22 Mei 1712 - Cape Town [MRIN:684]

     Ander Gade: Carel STRANG [1391] (Ca. 1700-      ) - 4 Aug 1720 [MRIN:685]

     Ander Gade: Jan Andries STOCKENSTROM [16626] (Ca. 1690-      ) - Ca. 1725 [MRIN:686]

Aangetekende gebeure in haar lewe is:
ē Alt. Geboorte 20, Ca. 1690 - Gothenburg



Kinders
1 M Johannes Paasen SCHOLTZ [1387]

         Gebore: Voor 21 Sep 1727
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1387



2 M Jan Joachim SCHOLTZ [1385] 1 3 12 13 14 15 16

         Gebore: 24 Jun 1730 - Cape
         Gedoop: 
        Oorlede: 2 Aug 1804 - Stellenbosch
        Begrawe:  - Stellenbosch Cemetery
   Gebruiker-ID: 1385
           Gade: Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] (Voor 1730-1777) 3 16 17
            Huw: 19 Sep 1748 - Swartland (Malmesbury) [MRIN:497]
           Gade: Johanna Elizabeth HAMMAN [1398] (1750-1826)
            Huw: 22 Nov 1778 - Dutch Reformed Church, Paarl [MRIN:498] 46




Algemene Notas (Man)

Joachim was afkomstig van die Hertogdom Altmark, Brandenburg, Pruise maar die naam van die dorp word nie aangegee nie. Die hoofstad van Altmark is die dorp Stendal, ongeveer een honderd en sestig kilometer wes van Berlyn.

Joachim het in 1720 aan die Kaap geland, maar die naam van die skip en die datum waarop hy in die Kaap aangekom het, word nie vermeld nie. Die klerk wat die register ingevul het was Rijk Tulbagh, die latere goewerneur van die Kaap. Tulbagh, "verhollands" dan ook die naam en teken dit nie in die regte Duitse vorm aan nie maar as "Jogem Schols".

Sy eerste betrekking aan die Kaap na sy aankoms as werknemer by die V.O.C. was as stalkneg. Die garnisoen se ruitery het natuurlik heelwat perde daarop aangehou en die stalle het heelwat aandag geverg. Gedurende die jaar 1721 is hy bevorder tot soldaat en die posisie het hy beklee tot 1722. Daarna, gedurende die goewerneurskap van Hendrik Swellengrebel, is hy op ín dienskontrak as landboukneg deur die Kompanjie aan die landbouer, Barend Buys, woonagtig te Paarl, uitverhuur. (Malherbe - Barend Buys, aankoms 1715 vanaf Bruynswyk, Duitsland, trou 12 Oktober 1721 met Alida van den Berg. 12 kinders.) Barend Buys het geboer op die plase Blomkool en Witteklip. Vanaf 1†Augustus 1722 tot 15 Februarie 1725 was Joachim as boukneg in die diens van Barend Buys. Vermoedelik was Joachim verantwoordelik vir die boerdery op Witteklip terwyl Barend sy aandag aan die aktiwiteite op Blomkool geskenk het. (Familia XXIX/1992 Nr.2 bl 30.)

Die dienskontrak was vir een jaar vir ín maandelikse vergoeding van 13 Gulden, IndiŽse valuasie, en een pond tabak, benewens spyse, drank en ín goeie huis. In die kontrak word na hom verwys as "soldaat Joghem Schols van Brandenburg". Hy onderteken die ooreenkoms slegs met sy voorletters J.S. onderaan. Rijk Tulbagh, die latere goewerneur van die Kaap en skoonseun van Hendrik Swellengrebel, teken as een van die getuies. (KAB C.J. 2880: 31.)

In 1725 het hy aansoek gedoen om "Vryburger" te word. Blykbaar het hy nie op hierdie stadium op sy eie gaan boer nie want hy het, sover vasgestel kon word, geen aansoek gemaak vir ín stuk grond nie. Op hierdie stadium was hy ook nog nie getroud nie, en was in die omgewing van Paarl / Drakenstein doenig.

Op 3 April, 1727 tree hy te Paarl in die huwelik met Anna Maria Swart (toe die weduwee Strang met drie dogters). Hulle eerste kind, ín seuntjie is te Paarl gebore en gedoop. Daarna moes hulle vir ín tydperk na Kaapstad verhuis het, want op 8 April, 1729 laat hulle in Kaapstad ín gesamentlike testament opstel. Hier word hy beskryf as burger van Drakenstein (toe nog deel van die gemeente Paarl) en op daardie oomblik "lichtelijk ten bedde leggend". In hierdie geval maak hy slegs ín kruise vir sy naamstekening. (KAB C.J. 2604 : 40). In 1730 is hulle terug in Drakenstein, want op 18 Mei, 1730 laat hulle hul tweede seun te Paarl doop.

In 1732 het sy vrou, Anna Maria Swart, hom ontval. Die boedelrekening, gedateer 8 Desember 1734 toon aan dat hy die bedrag van 109,14 riksdaalders uit die boedel ontvang het. Blykbaar was hulle buite gemeenskap van goedere getroud. Uit die boedelrekening blyk ook dat slegs een van die Strang dogters uit haar vorige huwelik nog in die lewe was. (Werklik die Raesen dogter.)

Op 26 Junie, 1732 terwyl hy nog onder Drakenstein resorteer het, was hy werksaam op die plaas "Hooggelegen" van Andreas Bester, naby Kaapstad. (Volgens "Die Afikaner-Familienaamboek" van Redelinghuys het Andreas Bester vanaf Magdeburg na die Kaap gekom.) Vanaf "Hooggelegen" stuur Joachim ín "memorie aan die Goewerneur en die lede van Politieke Raad en hy vra hulp omdat hy arm en gebreklik is en dat hy dit moeilik vind om vir homself en vir sy seuntjie te sorg. Hy noem nie die Strang (Raesen) dogter nie. (KAB. Mss. Requesten, S-T. ; Leibrandt.) Waar die Strang (Raesen) dogter op daardie oomblik was, is onbekend. Haar naam verskyn nie onder die lyste van weeskinders na wie die verskeie gemeentes omgesien het nie. Sy is later met Jacob Kruger getroud en het toe na haar halwe broertjie, Jan Joachim omgesien.

Blykbaar het Joachim se gesondheid verbeter en hy het besluit om vir homself te gaan boer en om vir hom op die veeboerdery toe te spits. Plase in die gevestigde gebiede was nie meer maklik beskikbaar nie en nuwelinge moes hulle na die grense wend. Wei-lisensies, wat gebruiksreg oor ín stuk grond gegee het, maar nie besitreg nie, was beskikbaar. Aangesien die weiregte ook slegs tydelik was, het die amptenare van die Kompanjie ook nie veel moeite gedoen om by ín baie spesifieke beskrywings van die plekke te gee nie; hulle was in elk geval onbekend met die omgewing van die plase. Die beskrywings was soms heeltemal ontoereikend en die amptenare het nie omgegee of die eienaar van die weiregte ander persone in hulle regte te na kom nie, of lastig sou val nie.

In 1725 was die getal veeboere aan die noordelike grens alreeds 50 in getal en in 1735 word die getal aangegee as 135 huisgesinne. Gedurende 1725 en volgende jare het die Swartland vinnig ontwikkel en teen daardie tyd het die eerste veeboere hulle reeds in die vallei van die Olifantsrivier gevestig en permanente en duursame opstalle het ontstaan. Die omvang van die plase was bereken dat dit ín deursnee van een uur se stap moes hÍ d.w.s. ongeveer drie myl by drie myl of naastenby 3 000 morg.

Op 10 Desember 1732, word aan Joachim toestemming verleen om vir een jaar met sy vee, wat hy blykbaar reeds moes besit het, op die veepos "Kanse Fonteijn" in die vlakte van die Piquetberg om op die verlate plaas van Gerrit van Aardt te staan. (KAB R.L.R. Nr.9. -395.) Terwyl hy met sy vee hier gestaan het, is hy op 31 Mei, 1733 te Stellenbosch weer getroud met die weduwee van Arij van Wijk t.w. Antoinetta Campher. In die huweliksregister word, egter, nog na hom verwys as ín burger van Drakenstein. Uit die huwelik is geen kinders gebore nie, maar gesamentlik was hulle verantwoordelik vir die Strang (Raesen) dogter, wat haar weer by Joachim gevestig het, Joachim se seun, en die tien van Wyk kinders van Antoinetta.

Op 13 September 1733 het hy toestemming ontvang om hom op die plaas "Elandskloof over de Olifants Rivier" te vestig. (KAB R.L.R. Nr. 9. -839.) Blykbaar het hy nie onmiddellik verhuis nie, want op 9 Oktober 1733 rapporteer Jacob Kruger, die Veldkornet, dat Joachim nog op "Kanse Fonteijn" staan.

In die gemeentlike uitgawe "Ons Kerk in die Bo-Olifantsrivier, Citrusdal, 1716 - 1966" gee ds. A. P. Smit die naam van die aanlegger en eerste eienaar van hierdie plaas as "Joachim Schultz". Die oorspronklike inskruiwing waarna verwys word is nagegaan en alhoewel die dokument ietwat onduidelik is, blyk dit tog om "Joachim Scholtz" te wees. Wat wel verbasend is, is dat die naam in hierdie geval korrek gespel is deur die Nederlandse amptenaar.

In sy boek "So the High Road" vermeld Jose Burman dat twee bergpasse wat gebruik was om die Bo-Olifantsrivier en omgewing te bereik t.w. "Piekenierskloof en "Karbouskloof" wat naby die huidige Porterville geleŽ was, is die afgelope honderd jaar nie meer in gebruik nie. Blykbaar is die oorspronklike "Piekenierskloof" die oudste van die die twee paste en was reeds in 1660 ontdek.

In 1685 het Simon van der Stel ook die pas gebruik met sy tog na Namakwaland. Die plaas "Elandskloof" het op die pad na die Bokkeveld gelÍ.

Op "Elandskloof" het dit ook maar moeilik met Joachim gegaan en sy tweede vrou het hom hier in 1735 ontval. Die begraafplaas kon nie opgespoor word nie.

Ds. Smit wys daarop dat in die jare dertig (1738-1739) was die gevaar van rooftogte deur die Boesmans so groot dat die Boere van Agter-Piketberg hul plase moes ontruim en dat die Boesmans ín skrikbewind in hierdie streke gevoer het. Joachim moes ook plan gemaak het om van die heel voorste poste verder terug te val en hom te vestig waar die aanslae en diefstalle van die Boesmans nie so erg was nie.

In die gemeentlike uitgawe van "Die Geskiedenis van Malmesbury" word vermeld dat die Swartland al teen hierdie tyd taamlik beset was en dat oop waters en fonteine omtrent alles al opgeneem was en beset was in bewoonde plase. Onder hierdie omstandighede het Joachim besluit om eiendomsreg oor ín plaas in die meer besette deel te verkry. Hy het die plaas "De Klijne Vogelvallei" aan die Piquetberg gekoop, en hy het hom aldus teruggetrek na die "Swartland" as eienaar van ín plaas in teenstelling met die vroeŽre geval waar hy sleg weiregte gehad het.

Terwyl hy hier in die Swartland woonagtig was, het hy hom aan die veeboerdery sowel as die landbou toegelÍ, het hy omstreeks 1736 ín manlike slaaf van Abraham Paling vir 120 Riksdaalders gekoop. Die slaaf is op skuld gekoop en die finale vereffening van die koopsom het met die Boedelrekening van Joachim plaasgevind.

In 1738 is Joachim hier op die plaas " De Klijne Vogelvallei", aangrensend aan die huidige dorp Piketberg, oorlede en vermoedelik begrawe. Met die boedelvendusie op 23 September 1738 het Hendrik Kruger die plaas gekoop vir 1088 Riksdaalders. Die boedelrekening Nr. 16 van 1739 is deur die "Weesmeesteren" aanvaar en onderteken op 31 Julie, 1739. (KAB MOOC 13/4.)

Alhoewel Hendrik Kruger in die boedelrekening aangegee word as die koper van die plaas, moet daar tog bedenkinge daaroor bestaan want hy was op daardie tyd slegs 12 jaar oud. Dit is waarskynlik dat sy ouer broer Jacob Kruger, wat ook stief-skoonseun van Joachim was want hy was met die Strang (Raesen) dogter getroud, die plaas namens Hendrik gekoop het. Jacob het vanaf 1734 tot 1752 weiregte agter die "Blaauwberg" gehad en in 1752 het hy na die Roggeveld verhuis. (Sien Dr. E.E. Mossop "Lives of the Krugers told in a revised Genealogical Table" - Argief Jaarboek vir SA Geskiedenis - 1947.)

Toe Joachim die plaas "Klein VoŽlvlei" soos dit tans bekend staan, in besit geneem het, was dit ín verlate plaas en dit kan aanvaar word dat die verbeteringe daarop minimaal was. Watter verbeteringe hy aangebring het kan onder omstandighede nie vasgestel word nie maar aangesien dit tot op daardie tydperk slegs as weiregteplaas gebruik was en dat daar geen prys vir die plek betaal was nie, moet daar aanvaar word dat daar geen verbeteringe op die plaas was nie. Watter verbeteringe Joachim wel aangebring het is ook nie duidelik nie maar die feit dat na sy afsterwe die plaas vir daardie tyd ín redelike prys verkoop is, moet dit aanvaar word dat daar wel verbeteringe aangebring was.

Volgens Hans Fransen en Mary Cook (The Old Houses of the Cape bl. 16) was daar ín aantal jaar gelede ín bouvallige huis nog op "Kleijn Vogelvallei" waarvan die kern moontlik baie oud was. Die huis was oorspronklik skynbaar T-vormig met ín voorhuis, ín slaapkamer aan die kant en ín kombuis aan die agterkant.

Navraag het aan lig gebring dat daar grafte op die plaas was wat baie oud was, maar dat dat een eienaar vroeŽr die 20ste eeu besluit het om die grafte om te ploeg. Die eienaar van die plaas toe navraag gedoen was, was Mnr. Rossouw en hy kon nie die name van die persone wat op die grafte verskyn het, onthou nie.

Die dade en prestasies van sy nageslagte ten bate van die Afrikaner volk, sal egter, dien as nagedagtenis van hierdie pionier wat in ín vreemde land, onder moeilike toestande waar selfs sy godsdiens hom ontsÍ was, sy heil kom soek het. Eendag sal sy nageslagte vir hom ín gedenkteken oprig daar waar hy rus.

Die plaas "Elands Cloof" tans "Elandskloof"

Volgens beide Ds. Smit en Burman ("So High the Road") het ín bergpas, waar die plaas "Elandskloof" geleŽ was, reeds in die 18e eeu die vallei van die Olifantsrivier met die plato van die Kou Bokkeveld verbind. Of ín mens van Piekenierskloof en later van Kardouwskloof gebruik gemaak het om die Bo-Olifantsrivier te bereik moes die voortsetting van die reis na die Kou Bokkeveld oor "Elandskloof" gegaan het.

Burman gee die volgende beskrywing van die omgewing waar die plaas geleŽ is.

"The road led into the neck at the head of the valley. Looking back one could see the whole kloof, the farm and the steep rise of the road by which we had come; peeping through a gap at the end of the valley was the Bokkeveld Tafelberg. The hills were clothed in a rather scanty coat of protea and thorn, but the bed of the kloof was quite lush and fertile - we saw a wide valley, flanked by real mountains opening out before us. A river and various clusters of oaks and poplars were discernable, below green mountain slopes."

In 1862 is ín sendingstasie vir Kleurlinge op die plaas gestig maar in 1952 met die stigting van ín sendingstasie in Citrusdal het die sentrum van bedrywighede na die dorp verskuif en Elandskloof het ín buitewyk geword totdat dit in Augustus 1961 aan ín Mnr P.J. Smit verkoop is.

Die plaas, tans bekend "Klein VoŽlvlei"

Sien "Die Huisgenoot" van 1 Februarie 1953 bl. 45 - "wat beteken die Naam? - Piketberg". Dr. P.J. Nienaber.

In Mei 1832 het ín klompie mense wat in die omgewing van die huidige Piketberg en Vier-en-Twintigriviere gewoon het, ín memorie by die Ring van Kaapstad ingedien waarin hulle gevra het om die stigting van ín afsonderlike gemeente in hierdie omgewing. Die Goewerneur het op aanbeveling van die Ring in Kaapstad die stigting goedgekeur..."

Daar moes toe natuurlik na ín geskikte stuk grond gesoek word waar die kerk gebou kon word, en waar die dorp kon ontwikkel.

ín Plaas, wat as geskik beskou word, was "Klein VoŽlvlei", wat aan die weduwee van Gideon Rossouw behoort het. Na langdurige onderhandeling is van die plaas afgesien omdat volgens die oordeel van die moontlike kopers die prys wat die weduwee gevra het, te hoog was. Die Goewerneur, Sir Benjamin D'Urban het toe op 31†Desember 1835 ín grondbrief uitgereik waarin die regeringsplaas "Grootfontein", aangrensend aan "Klein VoŽlvlei" aan die Kerkraad toegeken is en die dorp Piketberg is toe daar aangelÍ.

Joachim se agter-kleinseun, dr. J.W.L. Scholtz was dan ook die eerste leraar van die gemeente Piketberg.


Algemene Notas (Vrou)

C.C. de Villiers -"Oude Kaapsche FamiliŽn" gee die naam aan as Anna Marijna. Sy is nie in Suid-Afrika gebore nie maar wel in Swede en is van Stockholm afkomstig en die doopsertifikaat kan dus nie nagegaan word vir die regte naam nie. In die verbeterde uitgawe van "Oude Kaapsche FamiliŽn" gebruik Pama die naam Anna Maria, - op welke gronde hy dit doen is nie duidelik nie. Hoge in "Personalia" asook Malherbe in "Driehonderd Jaar Nasiebou" gee albei die naam as Anna Maria aan.

Onder welke omstandighede sy aan die Kaap gekom het is nog nie vasgestel nie. Sy moes voor die jaar 1712 al in die Kaap gewees het, want in daardie jaar is sy met Martin Mecklenburg, van KŲningsberg afkomstig, op 22 Mei te Kaapstad getroud. Uit hierdie huwelik is geen kinders gebore nie. (Hoge - Personalia) Mecklenburg se afsterwe is nog nie vasgestel nie.

Sy is weer in die huwelik bevestig op 4 Augustus 1720 met Carl Strang, ín mede Sweed afkomstig van GŲtenberg in Swede. Drie kinders (dogters) is uit hierdie huwelik gebore.

1. Maria Strang - ongeveer 1719.
2. Christina Strang - gedoop te Kaapstad op 14 September 1721.
3. Sophia Strang - gedoop te Stellenbosch op 26 September 1723.

Hoge in "Personalia" meld ín dogter met die naam "Maria" gebore 10 Sept 1719 onder die naam Stoote Heinrich Raesen, ook genaamd Raesenen of Roosen - dus voordat sy met Carl Strang getroud was. Die eerste dogter hierbo genoem t.w. Maria Strang, blyk as na geboortedatums gekyk word dieselfde te wees as Maria Raesen en dus nie Maria Strang nie. Die huweliksertifikaat tussen haar en Raesen kon nog nie vasgestel word nie. Hulle was altwee Swede en hoogs moontlik het die huwelik in die Lutherane Kerk plaasgevind en daardie registers is nog nie nagesien nie.

Uit haar huwelik met Joachim Scholtz is twee seuns gebore. In hierdie tyd het altwee van hulle aan die Lutherse Kerk behoort maar die huwelik het wel in die N.G. Kerk te Paarl op 3 Augustus 1727 plaasgevind. Sy is in 1732 oorlede. (Boedel rekening Nr. 83 van 1734 gedateer 8 Desember 1734. MOOC 13 /2 KAB).

SAG Vol. 11 bladsy 46 gee haar sterfdatum aan as 18 9 1811 dit so haar 121 jaar oud gemaak het. Ek dink hier is ín fout.


Algemene Notas vir Kind Johannes Paasen SCHOLTZ [1387]

Johannes moes op ín baie jeugdige ouderdom gesterf het want geen verdere verwysing na hom kan gevind word nie.

Wat die ontstaan van die naam betref kan daar slegs bespiegel word. In Joachim se boedelrekening met die bereddering van sy boedel, word 75,16 riksdaalder aan Jacob Lever, as vereffening van ín lening, wat hy aan Joachim gemaak het terug betaal. Malherbe in "Drie Honderd Jaar" noem Abraham Lever, afkomstig van Amsterdam en dat hy op 10 Desember 1723 met Margaretha Paasen in die huwelik getree het. Boedel Nr. 7 van 1740 (KAB, MOOC 13/5) is die van Appolina Lever wat getroud was met burger Hermanus Paasen. Blykbaar was daar een of ander verband tussen Joachim en die Paasen en Lever families en hy vernoem sy oudste seun na ín persoon in die Paasen familie.


Algemene Notas vir Kind Jan Joachim SCHOLTZ [1385]

Jan het sy moeder op twee-jarige leeftyd verloor. Terwyl sy vader op "Elandskloof", in die omgewing van die huidige Citrusdal woonagtig was, het sy stiefmoeder gesterf en op agt-jarige leeftyd het hy sy vader verloor. Blykbaar het die ouer kinders van die tien van Wyk-kinders d.i. sy stiefbroers en susters vir die res sowel as vir hom en sy halwe suster Christina Strang gesorg.

In die notule van die Diakonie van die Gemeente van Tulbagh kon geen verwysing na hom gevind word nie en vermoedelik was hy nie onder hulle versorging nie. Van sy drie halwe susters was net een, nl. Christina Strang nog in lewe.

Soos blyk uit die memorie aan die Goewerneur deur Joachim (a1) tydens die tyd wat hy wewenaar was, was die dogter toe nie onder sy sorg nie maar waar sy toe was kon ook nie vasgestel word nie. Vermoedelik moes sy op ín latere tydperk weer onder sy sorg gekom het. Op 25 Oktober 1739, dus ín jaar na die afsterwe van haar stiefvader, Joachim, tree sy in die huwelik met Jacob Kruger. (Redelinghuys gee in die verband haar naam foutief aan as Catharina.)

Vermoedelik het die tienjarige Jan Joachim by hulle ingewoon of andersins by Christoffel van Wyk d.i. ín neef van sy stieffamilie. Na hy getrou het het Jan Joachim, Christoffel se plaas in die Bokkeveld oorgeneem nadat Christoffel na die Roggeveld getrek het. Miskien het hy gewissel tussen die Krugers, (Jacob Kruger was met sy halfsuster getroud) en die van Wyks.

Dat daar ín band tussen Christina Kruger (gebore Strang) en Jan Joachim in stand gebly het is duidelik want sy en haar eggenoot Jacob Kruger word in 1751 benoem as getuies met die doop van Jan Joachim se dogter Elizabeth. In 1763 word Jan Joachim en sy vrou weer benoem as getuies met die doop van ín kind van Jacob Kruger en Christina (K.K., Doopregister, Tulbagh). Die jongste dogter van Jan Joachim ontvang die naam Martha Christina en vermoedelik word sy na Christina Strang vernoem.

Op 19 September 1748 tree Jan Joachim te Swartland (Malmesbury) in die huwelik met Catharina van Wyk.

Presies waar hulle vir die eerste paar jaar woonagtig was, kon nie met duidelikheid bepaal word nie, maar aanvanklik het hy die plaas van Christoffel van Wyk in die Bokkeveld oorgeneem.

Op 12 Augustus 1752 het hy saam met Christiaan Liebenberg die plaas "De Bokjes fontein" in die Bokkeveld ontvang. Blykbaar het hy Jacob Kruger na die Bokkeveld gevolg want Jacob het alreeds op 24 April 1752, die plaas "De†Forteyn" in die Roggeveld ontvang en daar het hy vir baie jare bly woon. (KAB, R.L.R. 13 bl. 22-190).

In 1756 vestig Jan Joachim hom op die plaas "De Rogge Kloof" geleen op het Groote Roggeveld. (KAB, R.L.R. 43 asook R.L.R. 41 bl. 393). Die toekenning word gedoen op 9 Augustus 1756. Op 10 Januarie 1761 word gemeld dat hy die plaas verlaat het maar op 22 Desember 1766 en weereens op 23 Oktober 1777 word bevestig dat hy nog daar was.

Die plaas Roggekloof is 18 km suid-suid-oos vanaf Sutherland. As ín mens met die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland teen die Verlatekloofpas uitkom, draai mens op die eerste pad regs en 10 km verder kom ín mens by die plaas se afdraaipad na links, en die opstal is ongeveer 4 km verder. (Inligting verskaf deur dr. Adelbert Scholtz, eertydse leraar te Sutherland).

Op 10 Augustus 1759 word die plaas "Die Eendragt" ook aan hom toegeken. Miskien het hy die tweede plaas slegs vir weiding nodig gehad. (Toekenning R.L.R. 15/2 bl. 218) en op 10 Januarie 1761 gee hy kennis dat hy die plaas verlaat het.

In 1777 is sy vrou Catharina van Wyk oorlede. Die sterfregister gee nie die plek aan nie maar blykbaar was dit op "Die Rogge Kloof". (KAB, C.J. 2633/53). Hier teken hy sy naam slegs as Joachim.

Teen hierdie tyd was hy ín redelike gegoede man want volgens die boedelrekening was hy die eienaar van 5 mansslawe, en een slavin. Twee leningsplase word vermeld maar ongelukkig word die name van die plase nie in die boedelrekening vermeld nie. Verder het hy 4856 skape, 208 beeste en 13 perde besit.

Watter opleiding hy gehad het, is nie duidelik nie, maar in die boedelrekening word daar gemeld dat hy ín Bybel en "een party boeken" besit het.

Op 22 November 1778 is hy te Paarl weer getroud en wel met Johanna Elizabeth Hamman. Kort na sy huwelik, op 2 Desember 1778 word die plaas " ít Drooge Land agter ít Bokkeveld" die verlate plase van Francois Venter aan hom toegeken. (R.L.R. 25/2 bl. 307). Op 15 Februarie 1782 word gemeld dat hy nog daar woonagtig was. Op 6 Februarie 1784 gee Willem Wouter Venter kennis dat hy sy plaas verlaat het weens las met Joachim Scholtz. Blykbaar was die grense tussen die plase nie duidelik afgebaken nie.

Toe hy in Kaapstad was en op die punt gestaan het om met Johanna Elizabeth Hauman in die huwelik te tree het hulle ín gesamentlike testament laat opstel en dit is deur Christiaan Ludolph Neethling, Sekretaris van die Raad van Justisie op 29 Oktober 1778 opgestel.

Die dokument meld dat hy en sy oorlede eggenote, Catharina Elizabeth van Wyk ín mondelinge testament voor sewe getuies op 1 Februarie 1752 opgestel het en waarvolgens die langslewende die "universele erfgenaam" sou wees en met behulp van "twee goede en onbesproken manne als toesiende voogden" sou omsien na die opvoeding van hul kinders, al sou die langslewende weer in die huwelik tree.

Die bruidegom onderneem om uit sy boedel, wat op 3 000 riksdaalders getakseer was, die bedrag van 1713 riksdaalders aan sy kinders na te laat. Die getroudes sou hul deel dadelik ontvang terwyl die minderjariges se deel in trust gehou sou word. As toesighoudende voogde word aangestel Hermanus Esterhuyzen en Pieter Hugo. Die testament is onderteken deur "Jochem Scholtz" en P. Hugo, terwyl Hermanus Esterhuyzen ín kruisie gemaak het.

Hermanus Esterhuyzen was Joachim se skoonseun en Pieter Hugo was die bewoner van "Schietfontein" (R.L.R. 15/1 bl. 152) wat hy vanaf 26 September 1758 besit het. "Schietfontein" is enkele kilometer ten suide van Roggekloof.

As bylae by bogenoemde testament is daar ín "Inventaris des Boedels van die landbouer, Jochem Scholts". As getuies hiervan het geteken Frans Joosten en Philip Erasmus. Die datum daarop is 30 Oktober 1778, dus ín dag nadat die testament opgestel was. Dit totale waarde van die boedel word op riksdaalders 3018 gestel. Dit sluit onder andere in 2 ossewaens, 1 osse-kar, ín verskeidenheid van gereedskap en huisraad. Sy boerdery het bestaan uit 9856 skape, 206 beeste en 13 perde, asook 5 manlike slawe en een slavin.

Die eerste seun uit die tweede huwelik is te Stellenbosch gedoop maar die tweede seun is in Desember 1781 te Tulbagh gedoop. Blykbaar was hulle toe nog in die Bokkeveld woonagtig. Op 6 Februarie 1784 word deur die veldkornet vermeld dat hy die plaas "ít Drooge Land" verlaat het. In Mei 1790 tree sy jongste dogter te Stellenbosch in die huwelik en blykbaar was hy toe alreeds in Stellenbosch woonagtig.

Wanneer hy na Stellenbosch verhuis het is nie duidelik nie maar vermoedelik moet dit in die omgewing van 1781 - 84 wees. Sy lidmaatskap van die gemeente Roodezand (Tulbagh) word eers in die lidmaatregisters van Stellenbosch aangegee as 30 Julie 1796.

Op 2 Augustus 1804 is hy op 74-jarige leeftyd te Stellenbosch oorlede en sy begrafnis in die kerkhof aldaar vind die volgende dag plaas. (K.K., Sr. Stel.)

An extract from a book being compiled by Dr. Skead.

Scholtz: No farming property has yet been found under the name of Field-corporal Jan Scholtz but the fact of his having had an official title strongly suggests that he must have been a member of the local farming fraternity, as were others with similar commando titles. All that is known of him is that on 5 November 1779 (an early date for farm occupancies) he submitted a declaration to the Swellendam Landdrost, by whom all frontier affairs were then administered, telling how he had met at the Swartkops River a party of farmers fleeing from Xhosas who had been stealing their cattle and burning their homes.

Scholtz told the Landdrost that he had asked the farmers why they felt Blacks should have stolen their cattle. The reply is somewhat illuminating. The farmers told Scholtz that "...they (the Blacks) could not suffer the Gona Hottentots (Khoekhoe) who daily stole their cattle, to reside among the Christians (Whites) but desired that the Christians should drive them away in order that they should again be able to get their cattle". This discursive statement meant, simply, that Hottentots (Khoekhoe) were stealing the Black men's cattle. Incensed, the Blacks demanded that the Whites drive away all Khoekhoe living among them to enable the Blacks to recover cattle which the Khoekhoe had stolen from them. It must be presumed that the Whites had refused and had then been subjected to black harassment to the point that they had no option but to flee. It seems strange that the Blacks had not themselves attacked the thieving Khoekhoe, something they had done at other times without much compunction, a greater force on a weaker.


Petrus Jacobus Van Der Westhuizen en Johanna Magdalena SCHOLTZ



Man Petrus Jacobus VAN DER WESTHUIZEN [155]

         Gebore: Ca. 1852
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 155
        Huwelik:  -  [MRIN:55]




Vrou Johanna Magdalena SCHOLTZ [156]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 156


          Vader: Daniel Johannes Jacobus SCHOLTZ [599] (1828-1897)
         Moeder: 





Kinders
1 V Catharina Elizabeth "Kittie" VAN DER WESTHUIZEN [24]




         Gebore: 21 Sep 1890 - Griekwastad, Noord-Kaap, Suid-Afrika


         Gedoop: 4 Mar 1891 - Griekwastad, Noord-Kaap, Suid-Afrika 68
        Oorlede: 21 Des 1944 - Karibib, Suidwes-Afrika (nou NamibiŽ)
        Begrawe: Des 1944 - Karibib, Suidwes-Afrika (nou NamibiŽ)
   Gebruiker-ID: 24
           Gade: Jan Arnoldus "Jan" CILLIERS [23] (1887-1961)
            Huw: 23 Mei 1910 - Koegasputs, Griekwastad [MRIN:7]



2 M Hendrik Lourens VAN DER WESTHUIZEN [600]

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 600
           Gade: Anna Sophia BURGER [601] (      -      )
            Huw: 9 Mei 1904 - Koegasputs, Griekwastad [MRIN:145]




Doopnotas vir Kind: Catharina Elizabeth "Kittie" VAN DER WESTHUIZEN [24]

Gedoop in die NG Kerk op Griekwastad
Vader: Petrus Jacobus van der Westhuizen
Moeder: Johanna Magdelena Scholtz
Getuies: Getruida Susanna Barnard
Johannes Jacobus Scholtz

BRON:
Genealogiese Instituut van Suid-Afrika, Stellenbosch, Suid-Afrika
Filmrol nr. 5-253, nr. 38
Doopregister van Ned. Geref. Gemeente Griekwastad1880-1902, inskrywingsnr. 72, bl. 1012
en Lidmaatskapregister weergawe van Filmrol DIAZO 1879-1902




Sterftenotas vir Kind: Catharina Elizabeth "Kittie" VAN DER WESTHUIZEN [24]

BRON:
Sterftesertifikaat
Oorlede 21 Desember 1954 in die ouderdom van 54 jaar op Karibib, Suidwes-Afrika (Nou NamibiŽ)
Oorsaak van dood: Karsinoom van die bors.


Begrafnisnotas vir Kind: Catharina Elizabeth "Kittie" VAN DER WESTHUIZEN [24]

Kyk na grafsteen op foto


Johannes Paasen Scholtz



Man Johannes Paasen SCHOLTZ [1387]

         Gebore: Voor 21 Sep 1727
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1387


          Vader: Joachim SCHOLTZ [1386] (Ca. 1690-1738) 3 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42
         Moeder: Anna Marijna SWART [1389] (Ca. 1690-1732) 3 43 44 45



Aangetekende gebeure in sy lewe is:
ē ID No. - B1

ē Doop 47, 21 Sep 1727 - Paarl




Vrou

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 



Kinders

Algemene Notas (Man)

Johannes moes op ín baie jeugdige ouderdom gesterf het want geen verdere verwysing na hom kan gevind word nie.

Wat die ontstaan van die naam betref kan daar slegs bespiegel word. In Joachim se boedelrekening met die bereddering van sy boedel, word 75,16 riksdaalder aan Jacob Lever, as vereffening van ín lening, wat hy aan Joachim gemaak het terug betaal. Malherbe in "Drie Honderd Jaar" noem Abraham Lever, afkomstig van Amsterdam en dat hy op 10 Desember 1723 met Margaretha Paasen in die huwelik getree het. Boedel Nr. 7 van 1740 (KAB, MOOC 13/5) is die van Appolina Lever wat getroud was met burger Hermanus Paasen. Blykbaar was daar een of ander verband tussen Joachim en die Paasen en Lever families en hy vernoem sy oudste seun na ín persoon in die Paasen familie.


Maria Magdalena Scholtz



Man

         Gebore: 
         Gedoop: 
        Oorlede: 
        Begrawe: 




Vrou Maria Magdalena SCHOLTZ [1396] 1 3

         Gebore: Voor 20 Mar 1768
         Gedoop: 
        Oorlede: 7 Okt 1773 - Tulbagh
        Begrawe: 
   Gebruiker-ID: 1396


          Vader: Jan Joachim SCHOLTZ [1385] (1730-1804) 1 3 12 13 14 15 16
         Moeder: Catharina Elizabeth VAN WYK [1397] (Voor 1730-1777) 3 16 17



Aangetekende gebeure in haar lewe is:
ē Doop, 20 Mar 1768 - Tulbagh



Kinders

Algemene Notas (Vrou)

Died young, at about 5 years of age.




Bronne


1 International Genealogical Index, South Africa, Church of Jesus Christ of Latter Day Saints, International Genealogical Index, South Africa.

2 South African Genealogies Vol 4 J - K, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 4 J - K (HSRC, Pretoria, 1992), pg 34. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7969 1491 5.

3 1 - eSAGI - V5.08, Rinken, Lucas, 1 - eSAGI - V5.08.

4 Die Vergete Grootpad deur Ceres en die Bokkeveld, Smuts, Dene and Alberts, Paul, Die Vergete Grootpad deur Ceres en die Bokkeveld (The Gallery Press
), pg 35 & 37.

5 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 6/2 June 1797 - Sept 1821.

6 The Cape Argus, The Cape Argus, Saturday, March 16, 1963.

7 The Forgotten Highway through Ceres and the Bokkeveld, Smuts, Dene and Alberts, Paul, The Forgotten Highway through Ceres and the Bokkeveld (The Gallery Press
).

8 Travels in Southern Africa, Campbell, John, Travels in Southern Africa.

9 Travels in Southern Africa in the years 1803, 1804, 1805 and 1806, Lichtenstein, Henry, Travels in Southern Africa in the years 1803, 1804, 1805 and 1806 (The Van Riebeeck Society, Cape Town, 1928).

10 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 42/1815 (13/9).

11 Die Steenkamps van Suidelike-Afrika, Steenkamp, Jan Harm, Die Steenkamps van Suidelike-Afrika.

12 Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 280.

13 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 6/2.

14 South African Genealogies Vol 16 Wa - Wy, Heese, J.A. (ed. GISA), South African Genealogies Vol 16 Wa - Wy (Stellenbosch, GISA, 2008), pg 514. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 10: 0-7972-1176-4.

15 South African Genealogies Vol 3 H - I, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 3 H - I (HSRC, Pretoria, 1992), pg 52. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7969 1452 7.

16 van Wyk CD, van Wyk CD.

17 Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 1154.

18 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 3634/1856.

19 South African Genealogies Vol 17 X - Z, Heese, J.A. (ed. GISA), South African Genealogies Vol 17 X - Z (Stellenbosch, GISA, 2008), pg 292. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7972 1216 7.

20 1 - South African Genealogies Vol 11 Scho - Sny, Heese, J.A. (ed. GISA), 1 - South African Genealogies Vol 11 Scho - Sny (Stellenbosch, GISA, 200), pg 46. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0-7972-1031-8.

21 Afrikaanse Familiename, Nienaber, G S, Afrikaanse Familiename (A. A. Balkema / Cape Town / Amsterdam, 1955), pg 24 & 55.

22 Archives year book for South African History, 1947. Lives of the Krugers told in a revised Genealogical Table, Mossop, Dr. E. E, Archives year book for South African History, 1947. Lives of the Krugers told in a revised Genealogical Table.

23 Bureau of Heraldry, Bureau of Heraldry, Ref H4/2/4S.

24 Bydraes tot die Genealogie van ou Afrikaanse Families, Hoge, dr. J, Bydraes tot die Genealogie van ou Afrikaanse Families (A.A. Balkema / Amsterdam, 1958), pg 30.

25 Die Afrikaner en sy Kultuur, Deel IV. Families Familiename en Familiewapens, Grobbelaar, Pieter W, Die Afrikaner en sy Kultuur, Deel IV. Families Familiename en Familiewapens (Tafelberg), pg 183.

26 Die Afrikaner-Familienaamboek - Personalia 1955, Redelinghuys, J.H, Die Afrikaner-Familienaamboek - Personalia 1955 (Publisitas, Cape Town. 1954), pg 244.

27 Die Brandwag, Die Brandwag, 13 December 1946.

28 Die Geskiedenis van Malmesbury, Die Geskiedenis van Malmesbury.

29 Die Groot Afrikaanse Familienaamboek, Pama, C, Die Groot Afrikaanse Familienaamboek (Human and Rousseau, Cape Town, 1983), pg 291.

30 Die Wapens van die Ou Afrikaanse Families, Pama, C, Die Wapens van die Ou Afrikaanse Families (A.A. Balkema, Cape Town, 1959), pg 86 & 131.

31 Driehonderd jaar Nasiebou. Stamouers van die Afrikanervolk, Malherbe, dr. D.F. du Toit, Driehonderd jaar Nasiebou. Stamouers van die Afrikanervolk (Tegniek, Stellenbosch, July 1959), pg 191.

32 Family Register of the South African Nation, Malherbe, D.F. Du Toit, Family Register of the South African Nation (Tegniek, Stellenbosch, 1966
), pg 904.

33 Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 855.

34 Heraldry of South African Surnames, Coats of arms, crests and ancestry, Pama, C, Heraldry of South African Surnames, Coats of arms, crests and ancestry (Balkema, A.A. Cape Town. 1972), pg 260.

35 Huisgenoot, Huisgenoot, 1 Febuarie 1953 bl 45. Wat beteken die naam? Piketberg Dr. P.J. Nienaber.

36 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 17/1739 (13/4).

37 Ons Kerk in die Bo-Olfantsrivier, Citrusdal, 1716 - 1966, Smit, ds. A.P. & van der Merwe, Ons Kerk in die Bo-Olfantsrivier, Citrusdal, 1716 - 1966.

38 Oorsprong en Betekenis van Nederlandse en Duitse Familiename, Krige, J.D.A, Oorsprong en Betekenis van Nederlandse en Duitse Familiename (J. L. van Schaik, Pretoria. 1934), pg 89.

39 So the High Road, Burman, Jose, So the High Road.

40 South African Surnames, Rosenthal, Eric, South African Surnames (Howard Timmins, Cape Town, 1965), pg 132.

41 The Old Houses of the Cape, Fransen, Hans. Cook, Mary, The Old Houses of the Cape, pg 16.

42 The Pictorial History of South Africa, Aldrige, Brian, The Pictorial History of South Africa (C. Struik (Pty) Ltd. Cape Town. 1973).

43 Archives year book for South African History, 1946. Personalia of the Germans at the Cape. 1652 - 1806, Hoge, Dr. J, Archives year book for South African History, 1946. Personalia of the Germans at the Cape. 1652 - 1806 (Cape Times for the Government Printer, Cape Town).

44 Driehonderd jaar Nasiebou. Stamouers van die Afrikanervolk, Malherbe, dr. D.F. du Toit, Driehonderd jaar Nasiebou. Stamouers van die Afrikanervolk (Tegniek, Stellenbosch, July 1959).

45 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 83/1734 (13/2).

46 Huweliksregister, Drakenstein (tot 1875), Huweliksregister, Drakenstein (tot 1875).

47 Doopregister, Drakenstein. Ned. Geref. Kerk Argief, Kaapstad, Doopregister, Drakenstein. Ned. Geref. Kerk Argief, Kaapstad.

48 South African Genealogies Vol 16 Wa - Wy, Heese, J.A. (ed. GISA), South African Genealogies Vol 16 Wa - Wy (Stellenbosch, GISA, 2008), pg 497. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 10: 0-7972-1176-4.

49 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 6/3.

50 South African Genealogies Vol 2 D - G, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 2 D - G (HSRC, Pretoria, 1998), pg 235. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7969 0752 8.

51 Die stamouers Coetzee en nageslagte, Coetzee, N.A, Die stamouers Coetzee en nageslagte (1979), pg 275.

52 Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 367.

53 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 6/2 June 1797 - Sept 1821.

54 Die Afrikaner-Familienaamboek - Personalia 1955, Redelinghuys, J.H, Die Afrikaner-Familienaamboek - Personalia 1955 (Publisitas, Cape Town. 1954), pg 81.

55 Eeufees-Gedenkboek van die Ned. Geref. Kerk, Sutherland 1855 - 1955, Hopkins, Ds. H.C, Eeufees-Gedenkboek van die Ned. Geref. Kerk, Sutherland 1855 - 1955, pg 10.

56 Familia
, Familia
, Vol 27, 1990, No. 2, pg 39.

57 Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 354.

58 Hugenote Families, Kannemeyer, A.J, Hugenote Families.

59 South African Genealogies Vol 14 Va - Vir, Heese, J.A. (ed. GISA), South African Genealogies Vol 14 Va - Vir (Stellenbosch, GISA, 2006), pg 317. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0-7972-1087-3.

60 South African Genealogies Vol 4 J - K, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 4 J - K (HSRC, Pretoria, 1992), pg 39. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7969 1491 5.

61 South African Genealogies Vol 5 L - M, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 5 L - M (GISA, Stellenbosch, 1999), pg 572. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 7972 0732 5.

62 Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 1 A - M (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 561.

63 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 2557/1837.

64 South African Genealogies Vol 1 A - C, Heese, J.A. and Lombard, R.T.J, South African Genealogies Vol 1 A - C (HSRC, Pretoria, 1999), pg 523. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0 620 23962 X.

65 Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, Masters Office and Orphan Chamber, Cape Town
, DN No. 5815/1842.

66 Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z, de Villiers, C.C. & Pama C, Genealogies of Old South African Families Vol 2 N - Z (A.A. Balkema / Cape Town / Rotterdam, 1981), pg 1001.

67 South African Genealogies Vol 13 T - U, Heese, J.A. (ed. GISA), South African Genealogies Vol 13 T - U (Stellenbosch, GISA, 2006), pg 494. Bewaarplek: Katalogusnommer:ISBN 0-7972-1086-5.

68 Doopregister, N G Kerk, Griekwastad, Doopregister van die N G Kerk Griekwastad 1880 -1902, No 72, bladsy 1012. Verwys. Datum: 7 Sep 2008 Verwys.-ID: 24

kolpunt  Familievraelys
Tuis | Inhoudsopgawe | Vanne | Naamlys

Hierdie Webwerf is Geskep op 18 Sep 2010 met Legacy 6.0 van Millennia